KAROO TOERE

Karoo Hartland Toer

Toer Inligting

Tydsduur

7 dae /6 nagte

Formaat

Formele akkommodasie
Self-ry of ry saam met gids

Volgende Toere

13-19 Junie 2022

Koste

6 – 10 gaste @ R17 950 pp

Maks. hoeveelheid persone

Minimum 6 & Maksimum 10 gaste

Toer plan

Hierdie opwindende safari neem ons deur die Klein Karoo maar ons spits ons veral toe rondom Beaufort-Wes in die Groot Karoo. Die reis begin en eindig by George lughawe aan die Tuinroete.

Hierdie is ‘n grondpad/agterpaaie ervaring waar daar op plase van formele akkomodasie gebruik gemaak word. Kontak word met die plaaslike mense gemaak en daar word deelgeneem aan plaasaktiwiteite.

Die Karoo bied ‘n wye verskeidenheid van landskappe en hier kan jy waarneem hoe die natuur sy eie beeldhouwerk oor die jare heen gedoen het. Kyk na fossiele en ondervind die asemrowende sterbelaaide hemeltrans van die Karoonagte.

Jou toergids is ‘n bekende, baie ervare, toergids asook ‘n natuurbewaarder by uitstek wat met jou ‘n rykdom van kultuur- historiese- en biologiese inligting gaan deel.

Dag 1: De Rust

Oplaai by George Lughawe nie later as 11h00. Ons ry oor die Outeniquapas op pad na die binneland deur Oudtshoorn. Ons bestemming is ‘n plaas met gemengde boerdery wat skape, perde, wingerd, saailande asook volstruise insluit. Terwyl daar ‘n watertand middagete geniet word sal oom Swepie al die uitdagings en sielskos verduidelik van die voorreg om in die Klein Karoo te boer. Hul maak hul eie wyn en gee graag raad oor hoe om dit te gebruik!

Na al hierdie lekkerte besoek ons Ross en Kath by Numbi vallei waar hul ons gaan bekendstel aan “cob” bouery asook, permakultuur en hoe om volhoubaar en in harmonie met die natuur te leef.

Dag 2 & 3: Teefontein: Antoinette Pienaar

Na ontbyt hou ons Noord en ry deur die indrukwekkende Meiringspoort. ’n besoek aan sy beroemde waterval is ‘n moet! Hierdie geologiese wonderwerk slaan jou asem weg!

Meiringspoort is ook die geboortekanaal waar ons die Klein Karoo verlaat en Groot Karoo binne gaan met ons reisgenote die afsondering en die stilte. Oppad besoek ons interessante vriende vir tee en gesels oor hul koekie en beskuitbak besigheid en indrukwekkende plaasopstal.

In Beaufort West, stop ons vir ‘n vinnige middagete voor ons die grondpad aandurf Teefontein toe, waar oom Johannes en Antoinette Pienaar ons inwag. Hulle sal ons gashere wees vir die volgende twee nagte. Laatmiddag kan ons hul labirint stap of net ontspan by die ou plaashuis. Beide sal by ons aansluit vir aandete, waar al ons lewensvrae beantwoord sal word!

Die volgende dag woon ons ‘n werkswinkel by saam met hulle en raak vertroud met ‘n anderse manier van leef in die Karoo. Laatmiddag geniet ons die Karoo stilte rondom die vuur.

Dag 4: Loxton district

Na ontbyt wens ons Teefontein vaarwel en geniet ‘n pragtie rit via Nelspoort en Kromrivierstasie tot in die Bo-Karoo. Oppad geniet ons rotskuns.

Dit is ‘n lieflike rit tot by ons plaasverblyf naby Loxton. Ervaar hoe ‘n skaap geskeer word en voel die lanolien in sy wol. Diegene wat wil kan help om die diere te versorg of net agteroor sit en ontspan.

Dag 3: Fraserburg distrik

Nadat die diere gevoer is, sit ons ook aan vir ontbyt voordat ons Fraserburg toe vertrek. ‘n Plaaslike gids, Marthinus, gaan ons vertel van die ryk geskiedenis en veral die rol wat Fraserburg gespeel het gedurende die Boere-oorlog. Ons gaan kyk ook na Dinosourusspore en geniet ‘n piekniek middagete in die veld.

Ons kom af van die platorand oor Oukloof en oornag op ‘n plaas met ‘n lieflike gastehuis. Hier is nie elektriese-kag nie en ons gids berei die aandete voor op ‘n oopvuur. Vanaand is dit net ons en die sterre en ons kan lank na hul kyk, want more kan daar laat geslaap word.

Dag 4: Prince Albert

Nadat daar lekker laat geslaap is en ‘n smaaklike ontbyt ry ons deur Leeu-Gamka na die klein dorpie Prins Albert. Ons besoek Guy se melkery met haar welbekende kase. Sy is ook ‘n teler van Angorabokke.

Dr. Judy Maguire sal jou stom slaan met haar fossielversameling. Indien daar genoeg tyd is, besoek ons ook van die San rotskuns in die omgewing. Ons bly op die rand van die dorpie en vanaand word daar opgetof en gaan ons uitgaan vir aandete!

Dag 5: George

Na n vroeë ontbyt ry ons oor die Swartbergpas waar die wonderlike igenieursvernuf van Thomas Baine aanskou kan word. Asemrowende uitkykpunte gee vir jou vergesigte oor hierdie majestieuse bergreeks. Ons neem ongeveer 3 ure om die 27 km te voltooi as gevolg van gereelde stilhou vir die neem van fotos.

Afhangende van watter tyd jou vlug terug huistoe vertrek, is daar dalk tyd vir ‘n besoek aan die Kango-grotte. Vanaf Oudtshoorn is dit terug na George lughawe.

Ons hoop dit is nie totsiens nie, maar slegs tot wedersiens!

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!