STAPTOERE

Richtersveld Staproete

Toer Inligting

Formaat

Almal kamp met eie beddegoed en tente.

Volgende toere

11-16 September 2023
11-16 September 2024

Koste

R8 645 per persoon (2023)
R9 735 per persoon (2024)

Maks. hoeveelheid persone

Minimum 12 en Maksimum van 18 stappers

 

praktiese Inligting:

Ingesluit:

  • 3 Maaltye per dag – vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 6
  • Koffie en tee met ontbyt en aandete
  •  Alle parkfooie & akkommodasie
  • Middagetes bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf.
  • Die vervoer van alle tente, klere en stoele na die volgende oornagplek.

    Wat om in te pak:

    • Beddegoed
    • Kopliggie met ekstra batterye
    • Gemaklike stap tekkies/stewels en klere
    • Sonhoed en sonskerm
    • Warm klere vir saans
    • Ligte windbreaker
    • Swembroek
    • Eetgerei, beker en tupperware bakkie met ‘n deksel vir wegneemetes
    • Handdoek en toiletware
    • Kampstoel
    • Kamera en verkyker (opsioneel)
    • Leesboek
    • Drankies en peuselkos

    Toerplan

    Kom stap saam met ons in die mooi en wye Richtersveld Nasionale Park, terwyl jy die stilte ervaar. Die uitsigte op die stap is on ge-ewenaard.

    Dag 1: De Hoop

    Koue storte en spoel toilette.

    Almal arriveer na 15h00 en ontspan langs die pragtige rivier. Ons geniet aandete terwyl die ruwe berge verkleur met sonsondergang.

    Ons voertuie bly hier en ons slaap die laaste aand weer hier.

    Dag 2: Tattasberg uitkykpunt

    21km

    Boskamp, ry alles saam, stort  = 2 liter roomysbak

    Vandag se roete is ‘n 2 spoorpad. ±12km is naby die Oranjerivier, waarna ons Suid wegbreek. Van die rivier af klim ons ongeveer 300m oor 9km.

    Ons stap verby ‘n ou diamantmyn prospekteer sloot en dan op in ‘n wye kloof tot naby Tattasberg se uitkykpunt waar ons oornag. Dit is met spesiale vergunning van die parkhoof dat ons hier mag kamp, omring deur groot granietrotse. Die sonsondergang en -opkoms met die rooi rotse is asemrowend mooi.

    Dag 3: Kokerboomkloof

    12km / 6-9 ure

     Spoeltoilette, ry verder alles saam, stort = 2 liter roomysbak

    Hier is geen pad nie. Die boulder klim 10m op en ons stap dan in  ‘n oop kloof op. Klim Tattasberg so hoog as moontlik wat veilig is, bobbejaan besigheid. Tattasberg is sigbaar van baie van die paaie in die park af en ook Namibië.

    Jy kan jou sak onder los. Die spits is vol massiewe graniet boulders. Die uistigte slaan jou asem weg.

    Dan stap ons verder op die kruin langs (jy kyk verby Aussenkehr) tot by die driehoeksbaken, ongeveer 1,5km ver, waar jy in die boek moet teken.

    Nou moet jy skuins en mooi afstap teen die berg. Baie versigtig maar doenbaar. Nie op boude nie maar erg skuins. Dan by Die Toon verby kamp toe met sy pragtige kokerbome.

    Dag 4: Richtersbergkamp

    15km, 9km geen pad, 6 km 2 spoor.

    Koue storte en spoel toilette.

    Ons weet nie hoeveel mense al hierdie kloof gestap het nie. Nie eens al die veldwagters weet dat jy hier kan deurstap nie.

    Ons stap in rivierloop af en twee keer by watervalle af. Albei 10m, dalk gaan jy 4 keer op jou boude sit.

    Die laaste 7km is tweespoorpad naby die Oranjerivier.

    Dag 5: De Hoop

    20km, helfte tweespoorpad

    Koue storte en spoel toilette

    Dit is 3km oppad De Hoop toe dan op in die Abiekwarivier op 4×4 pad.

    Later vat ons ‘n voetpad oor ‘n nek terug na die Ganakourieprivier toe. Die skaapwagter wat my gaan wys het, het 24 jaar laas daardie nekkie gestap! Behalwe prospekteerders dink hy nie daar was al ander mense daar nie.

    In die Ganakourieprivier is daar geen pad nie en volg ons net die loop af weer tot by die Abiekwarivier. Van daar af  neem ons ‘n tweespoorpad tot by die Oranjerivier en die laaste 7km (ander kant toe as dag 2) terug tot by De Hoop se kampplek.

    Terug by julle voertuie geniet ons ‘n heerlike samesyn om die vuur langs die water.

    Dag 6: Huis toe

    Ons slaap weer langs die rivier by De Hoop sodat die toergids agter almal kan uitry vandag.

    Na ‘n heerlike ontbyt is totsiens sê tot volgende keer.

    Stel jy belang in die toer?

    Laat ons help om te beplan!

    Gallery