AFRIKA TOERE
Bou jou eie toer
Ons voorsien pasgemaakte toere na enige bestemming in:
- Suid-Afrika
- Namibië
- Botswana
- Zimbabwe
- Zambië
- Mosambiek
Met uitgebreide ervaring as veldgids en toerleier oor die afgelope 25 jaar, kan Douwe Vlok van Heuningland Toere ‘n pasgemaakte reisplan vir enige individu of groep beplan. Ons kan u enige plek in Suider-Afrika neem op ‘n gespesialiseerde fotografiese, sterre-, voël of ander besigtigingstoer.
Ons bied ten volle toegeruste toere, as self-ry of begeleide toere met ‘n gids in ons voertuig/bus.
Om seker te maak dat u die heel beste ervaring ontvang, benodig ons die volgende van u:
Waarheen
Land/gebied, afstande wat gery kan word.
Belangstellings
Wat verwag u om te sien en te ondervind bv. visvang, voëlkyk, Groot Vyf ens.
Tydsduur
Watter tyd van die jaar en hoeveel dae het u tot beskikking?
Groepgrootte
Hoeveel persone in u geselskap en wat is die graad van hul fiksheid?
Verblyf
Formeel (lodges / chalets), kampering of ‘n kombinasie daarvan.