Formele Caprivi Voëlkyk Avontuur


  • 26 November - 3 Desember 2021
  • 8 dae / 7 Nagte
  • R36,450 per persoon wat deel (min 4 & Mak 8 gaste)
  • Enkel: + 30%

Hierdie avontuur word toegespits op die Zambezi streek (Caprivi) van Namibië. ‘n Spesialis voëlgids vergesel ons die volle tyd en aangesien hy in Katima Mulilo gevestig is, weet hy waar om al die wegkruipertjies te vind soos bv. die Geelkeelwillie (Yellow-Throated Leaflove).

Ons verken die vloedvlaktes van die Zambezi, Nkasa Rupara Nasionalepark se woude op die Linyantirivier asook die Chobe Nasionalepark in Botswana.

Indien dit veilig is sal ons meeste van die tyd per voet beweeg of per safarivoertuig asook op die water. Met so ‘n groot verskeidenheid van habitats/plantegroei is ons kanse uitstekend om baie verskillende spesies voëls te sien, soos die Rooskeelkalkoentjie asook Watertrappers. Aangesien die somerbesoekers ook dan daar is, sal ‘n Geelbektroupant en duisende Rooiborsbyvreters ook te sien wees.

Al hierdie gebiede huisves ook wildlewe en sal daar uitstekende foto-geleenthede wees soos wanneer die olifante die water oorsteek.

Op- en aflaai is by Kasane die naaste lughawe aan Katima Mulilo.

Ingesluit:
  1. Alle vervoer van en na Kasane
  2. 3 Etes per dag - vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 8
  3. Voëlgids en gasheer
  4. Alle toegangsfooie van Parke
  5. 7 nagte se akkomodasie met linne en handoeke
  6. Wildkyk ritte soos later genoem
  7. Bootvaarte
Nie ingesluit:
  1. Vlugte na en van Kasane
  2. Persoonlike drankies en versnaperinge
  3. Lughawebelastings
  4. Visum indien nodig


Katima Mulilo 1 nag

Nadat ons aanland by ons lodge vanaf Kasane, maak ons gereed om ‘n sonsondergang te gaan geniet by die Rooiborsbyvreters se neste. Ons keer dan terug na Lodge vir aandete.



Nkasa Rupara Nasionalepark 2 nagte

Vroegoggend koffie en beskuit om dan te gaan kyk vir die Geelkeelwillie, Langkuifloerie en ander. Terug vir ontbyt. Dit is ‘n 2 uur rit na ons safari tente by Nkasa Lupala Lodge waar ons 2 nagte bly en hopelik ‘n seekoei-serenade snags gaan beleef. Die park se terrein en habitat is soortgelyk soos die Linyanti gebied van Botswana met dieselfde wildediere soos leeus, luiperds, olifante, jagluiperds, buffels, basterwaterbokke, rietbokke, wilde honde en vele ander. Ons gaan op wildbesigtigingsritte in die Park asook ‘n bootvaart op een van die kanale of die Linyanti rivier. Afhangend van die watervlak, sal ons hetsy ‘n mokororit of ‘n begeleide stap doen in die wildernes.





Zambezi- en Choberivier 2 nagte

Na ontbyt gaan ons terug na Katima Mulilo vir roomys en klim op die huisbote van Caprivi Houseboat Safaris. Die akkomodasie is daktente en “porter potty” toilete op die bote. Saans meer die bote vas en ons maak ‘n gesellige vuur en geniet aandete met ons voete in die sand. (Kyk uit vir ou vuilbaard!) Een nag sal wees op die walle van die Zambezi en die volgende aand op die walle van die Chobe, oorkant die Chobe Nasionalepark.



Serondela Lodge 2 nagte

Die huisboot laai ons af by die Serondela Lodge in die Caprivi. Met ‘n kouetjie in die hand kan vanaf die dek of swembad die olifante dopgehou word wanneer hul kom water drink. Vroegoggend ervaar ons ‘n “village walk” en soek voëls op die vloedvlakte. Hierdie gebied is bekend vir luiperdwaarnemings en ons geniet weer ‘n bootrit op die rivier.





Huistoe

Na ‘n vroeë ontbyt op die dek en die dophou van al die diere wat kom en gaan, is dit na Kasane immigrasie per boot. Indien tyd dit toelaat kan ons ‘n kort wildbesigtingsrit in Chobe Nas. Park geniet. Van daar is dit ‘n kort rit tot by die lughawe en julle vlug huistoe.

Hierdie is nie ‘n vaarwel nie, maar slegs ‘n totsiens.

Indien iemand wil langer bly in Kasane/Chobe sal ons enige tyd help met bespreekings.