There are a number of places on earth that capture your creative imagination
 and leave a lasting impression on your mind.

Heuningland Karoostap

4 nagte / 5 dae.


Datums 2018:
  • 5-9 Mei 2018 (vol bespreek)
  • 11-15 Mei 2018 (vol bespreek)
  • 12-16 September 2018 (vol bespreek)
  • 19-23 September 2018 (vol bespreek)
Datums 2019: (nou oop vir bespreeking)
  • 30 April - 4 Mei 2019
  • 6-10 Mei 2019
  • 30 Aug - 3 September 2019
  • 5-9 September 2019
Koste 2019: R3450 per person
Akkomodasie: Almal kamp met eie beddegoed en tente.
Maksimum van 20 stappers

Ingesluit:
  1. 3 Etes per dag. Sluit in aandete dag 1 tot middagete dag 5.
  2. Koffie en tee met ontbyt en aandete.
  3. Middagetes bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf.
  4. Die vervoer van alle tente, klere en stoele na die volgende oornagplek.
Uitgesluit:
  1. Drankies
  2. Peuselkos
Wat om in te pak:
  • Tent en beddegoed
  • Gemaklike stap tekkies/Trail Runners (nie "hiking boots nie") en klere
  • Sonhoed en warm mus
  • Warm klere vir saans
  • Eetgerei, beker en Tupperware bakkie, met ‘n deksel, vir middagete
  • Handdoek en toiletware
  • Kampstoel
  • Kamera en verkyker (opsioneel)
  • Drankies en peuselkos

Die Roete:

Ons volg tot 'n groot mate die spoor van Sylvester die leeu. Ons doen 'n sirkelroete in die mooie Karoo en stap ongeveer 103 km oor 4 dae.
Hierdie deel van die Karoo kan nie vanaf die hoofpaaie gesien word nie. Die staproete sal duidelik gemerk wees en elkeen stap teen sy eie spoed.


Dag 1:   Welgemoed kamp, arriveer
Dag 2:   Oukloof 27.5 km
Dag 3:   Tweefontein 26 km
Dag 4:   Kareebos 22.5 km
Dag 5:   Welgemoed 27 km
TOTAAL: 103.5 km


Dag 1: Geen stap
Almal arriveer vanaf 15h00 op die plaas Welgemoed kamp plek 71 km van Beaufort-Wes af. Dit is net ‘n bymekaarkom plek en elkeen slaan sy eie tent op. Bostoilette en ‘n emmer met warmwater vir stort word voorsien. Die voertuie bly hier tot die stap klaar maak.

Dag 2:
Die eerste skof is ‘n ver stap maar relatief maklik aangesien dit meer afdraande en gelyk pad is. Dit maak ook die ander dae korter. Ons stap in ‘n tweespoorpad in die bolope van die Koekemoersrivier. Vandag is ‘n kombinasie van tweespoor- en groter grondpad.
Ons gaan onder plate Soetdoringbome deurstap wat ‘n regte afdak vorm vir lang ente. Let op na of luister vir koedoes. Die laaste paar kilometer is dit die pragtige Oukloofpas, waar ons ‘n kronkelende riviertjie 11 keer oorsteek.

Dag 3:
Dit is net opdraand in die begin om uit die kloof te kom en dan is dit weer platterig. Ons is dan op die rand van die Afrika plato. Die plato is op die Nuveldberge en dit is ‘n nuwe veld, heel anders en sonder doringbome.
Hierdie dag sien ons ook die oop vlaktes van die Groot Karoo.

Dag 4:
Ons sak af in die bolope van die Leeurivier en verby Leeukloof se opstal. Vandag is heelpad tweespoor. Die natuur begin weer verander met rooi koppe en diep rivierlope.

Dag 5:
Ons stap vir ‘n lang ent langs die Karoo Nasionale Park se grensdraad. Hopelik is hier ‘n geleentheid om mooi wild te sien. Daar is, vir die wat wil, die opsie om te gaan kyk waar Sylvester uit gekom het. Die laaste deel van vandag se stap gaan jou bederf met van die mooiste panoramiese uisigte. Dit is ook ons laaste dag saam en elkeen kan bietjie ontspan voordat die lang pad huistoe aangedurf word.

WEG! artikel

Die volgende artikel oor Heuningland se staproete was gepubliseer in die "WEG!" tydskrif, geskryf deur Erns Grundling: Leeuloop in die Karoo (PDF)
Kyk ook na die artikel 'n "Kom-kyk-besigheid" in die Karoo van Erns Grundling op Netwerk24 se webwerf.