Bou jou eie toer

Bou jou eie toer na enige bestemming in

  • Suid Afrika
  • Namibië
  • Botswana
Met wye ervaring as ’n veldgids en toerleier die afgelope 15 jaar, kan ons by Heuningland vir u ‘n nommerpas reisbestemming bied hetsy as enkelpersoon of as groep. Ons kan u na enige plek in Suid Afrika neem vir gespesialiseerde fotografie, sterrekyk, voëlkyk of slegs op ‘n reis om die mooiheid te besigtig en ervaar.
Ons nommerpas toere sluit maaltye in, is begeleide selfry-toere, of u ry saam met die gids in sy voertuig/bus.
Om seker te maak dat u die heel beste ontvang, benodig ons die volgende van u:
  • Waarheen: - Land/gebied, afstande wat gery kan word.
  • Belangstellings: - Wat verwag u om te sien en te ondervind bv. visvang, voëlkyk, Groot Vyf ens.
  • Tyd: - Watter tyd van die jaar en hoeveel dae het u tot beskikking.
  • Groepgrootte: - Hoeveel persone in u geselskap en die graad van hul fiksheid.
  • Verblyf: - Formeel (lodges / chalets), kampering of ‘n kombinasie daarvan.
VIR MEER INLIGTING KONTAK ONS BY: infoAapsterTheuninglandCOM@heuningland.com