The moon is magic for the soul and light for the senses

Heuningland Volmaan Stap

5 dae / 4 nagte

Datums 2021: (Nou oop vir besprekings)
  • 25 Februarie - 1 Maart 2020
  • 26 - 30 Maart 2020
Koste: R4435 per persoon
Akkomodasie: Almal kamp met eie beddegoed en tente
Maksimum van 18 stappers

Kom stap saam met ons in die Karoo terwyl jou voetpad deur die volmaan belig word. Dit is 5 stappe oor 4 aande met die kortste 8km en die langste 16km. Die roete bestaan uit een laatmiddag stap wat opsioneel is op die eerste dag, 2 vroegoggend(nog donker) stappe en 2 nagstappe.

Ons maak ‘n basis op Bergvallei plaas se werf vir die 4 aande. Deur die dag rus ons onder die koelte bome, lees boek of vat ‘n middagslapie. Daar is ‘n lieflike ou sement plaasdam om in af te koel. Almal kamp met hulle eie beddegoed en tente. Ons maak gebruik van die plaashuis se badkamers en kombuis. Die huis kan ook in die dag gebruik word om in te kuier, maar daar is ongelukkig nie genoeg slaapplek om almal te akkomodeer nie en daarom kamp almal.

Al die paaie is twee spoor paaie in klowe en op randjies met asemrowende uitsigte. Jy kan alleen of saam met iemand stap.


Dag 1: Kort middagstap, 8km (opsioneel)
Dag 2: Lang oggendstap, 17km
Dag 3: Kort oggendstap, 10km; Lang aandstap, 14km
Dag 4: Lang aandstap, 16km
   TOTAAL: 65KM

    Ingesluit:
  1. 3 Etes per dag. Sluit in aandete dag 1 tot ontbyt dag 5.
  2. Koffie en tee met ontbyt en aandete.
  3. Sekere stappe bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf.
    Wat om in te pak:
  • • Tent en beddegoed
  • • Kopliggie met ekstra batterye
  • • Gemaklike stap tekkies/Trail Runners en klere (nie “hiking boots”)
  • • Sonhoed en sonskerm
  • • Warm klere vir saans
  • • Ligte windbreaker en reënjas
  • • Swembroek
  • • Eetgerei, beker en Tupperware bakkie met ‘n deksel, vir wegneemetes
  • • Handdoek en toiletware
  • • Kampstoel
  • • Kamera en verkyker (opsioneel)
  • • Leesboek
  • • Drankies en peuselkos
'n Bakkie of SUV met goeie grondvryhoogte word benodig om tot by Bergvallei se plaashuis te ry.

Dag 1:

Almal arriveer na 14h00 en skrop nes op die plaaswerf van Bergvallei.

Middagstap van 8km(opsioneel) ±2½ ure, begin ongeveer 16h00 stap



Dag 2:

Oggendstap van 17km ±6 ure
Begin ongeveer 02h00 stap.



Dag 3:

Oggendstap 10km ±3 ure
Begin ongeveer 04h00 stap.

Aandstap van 14km ±6 ure
Begin ongeveer 17h00 stap. Vanaand is dit ‘n wegneemete.



Dag 4:

Aandstap 16km ±6 ure
Begin ongeveer 17h00 stap. Vanaand is dit ‘n wegneemete.



Dag 5:

Ontbyt is om 08h00 voordat almal weer huistoe vertrek.




Karoo Groete



Douwe & Liezl Vlok
Epos:infoAapsterTheuninglandCOM@heuningland.com
Telefoon:+27-72-2435-251


Douwe en Liezl Vlok