AFRIKA TOERE

Zambië / Caprivi Nasionale Parke Toer

Toer inligting

Tydsduur

10 dae / 9 nagte

Formaat

Kamp

Volgende toere

11-20 Oktober 2022

Koste

R19 950 per persoon

Maks. hoeveelheid persone

16 gaste

Praktiese inligting:

Ingesluit:

  • 3 Maaltye per dag – vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 10
  • Gids en Sjef
  • Alle parkfooie
  • 9 nagte se akkomodasie
  • Tente en breekgoed

Nie ingesluit nie:

  • Voertuigonkostes bv. brandstof en grensoorgang kostes
  • Persoonlike drankies en versnaperinge
  • Visums indien benodig

Let wel

U moet ‘n negatiewe Covid-19-toets (nie ouer as 7 dae nie) by u hê om die grens oor te steek. Kontroleer al die nuutste Covid -regulasies voordat u die huis verlaat.

Toerplan

Hierdie avontuur konsentreer op die Zambezi streek (Caprivi) van Namibië en Suid-westelike Zambië.

Ons verken gebiede waar meeste mense nooit gaan nie. Parke wat ons oor hierdie elf dae besoek in Namibië sluit in: Nkasa Rupara aan die Linyantirivier, Mudumo en Bwabwata (Horseshoe bend) aan die Kwandorivier en in Zambië die Sioma-Ngwezi Nasionale Park.

Ons besoek ook die indrukwekkende Ngonye Waterval wat die tweede hoogste valle is in die Zambezirivier.

Ons kampeer in die wildernis met vier van die Groot Vyf in die gebied. Die voëlkyk en fotografie geleenthede is uitstekend soos ons voortreis deur woude, oor vloedvlaktes en grasvelde en sonsondergange en – opkomste geniet langs die riviere.

Ons eindig op die Zambezi/Chobe vloedvlaktes, regoor die Chobe Nasionale Park.

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!

Toerplan

Nkasa Rupara Nasionale Park (2 Nagte)

Ons reis begin by die Shell-garage in Kongola, van waar dit ongeveer 90 minute se rit is na die kampeerterrein. Ons maak ons tuis en geniet die Afrika geluide rondom die kampvuur. Ons spandeer die volgende dag in die park waar ons leeus, luiperds, olifante, jagluiperds, buffels en ‘n verskeidenheid wildsbokke mag sien. Daar is geen omheinigs en die diere loop vry rond.

Warm storte (donkies) en spoeltoilette is beskikbaar.

Bwabwata Nasionale Park (2 Nagte)

Dit is ongeveer 1 uur se rit na Mudumu Nasionale Park waar ons aan die oostekant van die Kwandorivier rondry. Hierdie park is bekend vir sy bastergemsbokke en swartwitpense. Ons deurkruis die park voordat ons voortgaan na Bwabwata Nasionale Park toe.

 Ons bly 2 nagte by Nambwa in die Bwabwata Nasionale Park aan die wes-oewer van die Kwandorivier. Vandat ons die Park binnegaan is dit grondpaaie en ‘n wildrit tot by die kamp.  Die volgende dag geniet ons wildsritte opsoek na wildehonde, dwergmuishonde en hopelik ‘n ratel.

Laatmiddag neem ons, ons kampstoele en ry na die befaamde Perdeskoen-gebied (Horseshoe bend) waar ons die sonsondergang inwag.

Dit is ‘n wonderlike ervaring om al die diere te sien wanneer hul kom drink.

Warm storte (donkies) en spoeltoilette is beskikbaar.

Sioma-Ngwezi Nasionale Park (1 Nag)

Ons kruis weer die Kwando na die oostekant en draai Noord na Zambië. Ons gaan Zambië binne by ‘n klein en ongekende grenspos en gaan ook terselfdertyd die Sioma-Ngwezi Nasionale Park binne.

Dit is sandpaaie soos ons verder noord ry en uitkyk vir wild.

Barotseland (Westelike Zambië) is nog baie onontwikkeld en ons kamp die nag is baie basies maar wel pragtig naby die Kwandorivier.

Die Kwandorivier is die grens tussen Zambië en Angola.

Dis ‘n “onontdekte” gebied en word min besoek met pragtige natuurskoon en olifante naby die rivier.

Warm storte (donkies) en spoeltoilette is beskikbaar.

Sioma Kamp (2 Nagte)

Ons verlaat die park naby die dorpie Sioma en ry na ons kampterrein aan die Zambezirivier. Warm storte, spoëltoilette en ‘n “sunset cruise” op die Zambezi wag op ons.

Na ‘n rustige ontbyt ry ons na die Ngonye-valle, die tweede hoogste in die Zambezi. Hier kan ons heerlik swem/baai terwyl ons middagete geniet. Die agtermiddag rus ons by die kamp.

Warm storte (donkies) en spoeltoilette is beskikbaar.

Katima Mulilo (1 Nag)

Ons kruis die grens terug na Katima Mulilo vir cappuccinos, roomys en selfs inkopies. By ons kampplek aan die Zambezi is daar 220v krag, warm storte, wifi en ‘n kontantkroeg!

Die wat wil, kan selfs probeer tiervis vang (eie koste).

Huis toe

Dis nie vaarwel nie maar slegs tot ons weer ontmoet! Na ontbyt vertrek ons dan huistoe!

Gallery

Toerplan

Katima Mulilo 1 nag

Nadat ons aanland by ons lodge vanaf Kasane, maak ons gereed om ‘n sonsondergang te gaan geniet by die Rooiborsbyvreters se neste. Ons keer dan terug na die Lodge vir aandete.

Nkasa Rupara Nasionalepark 2 nagte

Vroegoggend koffie en beskuit voor ons na Geelkeelwillie, Langkuifloerie en ander gaan kyk. Daarna terug vir ontbyt. Dit is ‘n 2 uur rit na ons safari tente by Nkasa Lupala Lodge waar ons 2 nagte sal bly en hopelik ‘n seekoei-serenade snags gaan beleef.

Die park se terrein en habitat is soortgelyk soos die Linyanti gebied van Botswana met dieselfde wilde diere soos leeus, luiperds, olifante, jagluiperds, buffels, basterwaterbokke, rietbokke, wilde honde en vele ander. Ons gaan op wildbesigtigingsritte in die park asook ‘n bootvaart op een van die kanale of die Linyanti rivier.

Afhangende van die watervlak, sal ons of ‘n mokororit of ‘n begeleide stap doen in die wildernis.

Zambezi- en Choberivier 2 nagte

Na ontbyt gaan ons terug na Katima Mulilo vir roomys en klim op die huisbote van Caprivi Houseboat Safaris. Die akkommodasie op die bote is daktente en “porter potty” Saans meer die bote vas en maak ons ‘n gesellige vuur en geniet aandete met ons voete in die sand. (Kyk uit vir ou vuilbaard!) Een nag sal op die walle van die Zambezi wees en die volgende aand op die walle van die Chobe, oorkant die Chobe Nasionale Park.

Serondela Lodge 2 nagte

Die huisboot laai ons af by die Serondela Lodge in die Caprivi. Met ‘n kouetjie in die hand, kan ons vanaf die dek of swembad die olifante dophou wanneer hul kom water drink. Vroegoggend ervaar ons ‘n “village walk” en soek voëls op die vloedvlakte. Hierdie gebied is bekend vir luiperdwaarnemings en ons geniet weer ‘n bootrit op die rivier.

Huistoe

Na ‘n vroeë ontbyt op die dek en die dophou van al die diere wat kom en gaan, is dit na Kasane immigrasie per boot. Indien tyd dit toelaat kan ons ‘n kort wildbesigtingsrit in Chobe Nasionale Park geniet. Van daar af is dit ‘n kort rit tot by die lughawe en jul vlug huistoe.

Hierdie is nie ‘n vaarwel nie, maar slegs ‘n totsiens.

Indien iemand wil langer bly in Kasane/Chobe kan ons enige tyd help met besprekings.

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!