KAROO

Heuningland

“Om ‘n Karoo te skep het jy nodig ‘n by, ‘n vygie en ‘n mymering
as bye skaars is, dan net die mymering” – DJ Opperman (verwerking van Emily Dickson se gedig)

Die eenvoud van die Groot Karoo, met al sy geheimenisse en stories, is nou toegangklik vir almal wat ‘n behoefte het om die klok te stop. As mens hier in die land van ruimte lank genoeg stil genoeg raak, kan jy weer die hartklop van die aarde hoor. Dit is ‘n plek waar tyd nie bestaan nie. Ons is trots Suid-Afrikaans en het ‘n passie vir die Groot Karoo, sy mense, unieke plantegroei en diere. In wese is ons bewaarders van die natuur en wil graag ons kennis, wat deur jare se ondervinding opgedoen is, deel dmv begeleide staptoere, Karootoere asook pasgemaakte safaris na enige bestemming in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Botswana.

TOERE

Afrika Toere

Hierdie toere laat ons toe om te reis deur woude, oor vloedvlaktes en graslande waar ons sonsopkomste en sonsondergange kan geniet in die asemrowendste dele van Suider-Afrika.

Karoo Staptoere

Volg die spoor van Sylvester die Leeu of ervaar die Karoo tydens volmaan. Ons Karoo staptoere sal jou in staat stel om werklik ware stilte en vrede te ervaar.

Karoo Toere

Ons is passievolle bewaringsagente van die natuur en wil ons kennis en jare se ondervinding deel deur toere in die Karoo. Die toer sluit interessante bestemmings in met werkswinkels eie aan die Karoo.

Wat ‘n voorreg om my eie ou Karoo so te ervaar en weer meer te waardeer… Dankie Douwe en Liezl.. Julle doen hierdie onverbeterlik! Dit was so lekker om julle almal te ontmoet!! Lieflike mense wat lief is vir die natuur. Hoop ons sien gou weer…

Melony de Jager

Karoostapper 2021, Beaufort-Wes

Thanks so much Liezl and Douwe for sharing your beautiful part of the world with us. It was a truly incredible experience. Breathing in and seeing the magic of the Karoo is something that is carried in the soul forever.

Brenda Benton

Karoo hiker 2021, Robertson

Baie dankie aan Douwe en Liezl en julle almal wat hierdie 4 dae so spesiaal gemaak het.
Dis goed om gereeld herinnner te word aan wat mens nog in staat is om te doen!  Ek sal julle stap beslis aanbeveel! Dalk ‘n Botswana trip saam met julle in die nabye toekoms!

Marianne Duvenhage

Karoostapper 2021, Pretoria

MEDIA VENNOTE