Douwe Vlok is ‘n boorling van Beaufort-Wes in die Groot Karoo en het van kleins af baie tyd in die veld spandeer. Sy interessante agtergrond met meer as 25 jaar se bewese ervaring as toergids sluit onder andere San Parke en die Weskus Nasionale Park in. Hy is ‘n formeel opgeleide toergids (FGASA Level 2) and kan ook toere lei in die groot vyf areas. Douwe het al regoor die wêreld gereis en het 4.5 jaar in Paraguay spandeer waar hy ‘n groot beesplaas bestuur het wat oortrek was met wild, macaws en papegaaie.
Hy was ‘n riviergids op die Oranjerivier, Overlanding, vir 21 dae van Kaapstad tot Namibië tot Botswana en Victoria Valle asook ‘n “jeep-jockey” vir 6-ster oorde en ‘n gids vir die Oystercatcher Trail in Mosselbaai. Douwe en Liezl Vlok het Heuningland Karoo Toere in 2016 begin en fokus onder andere op gespesialiseerde toere in die Karoo.
Douwe se passie en kennis vir die veld is hoogs aansteeklik en besoekers verlaat toere met tonne interessante inligting en herinneringe vir ‘n leeftyd.