KAROO TOERE
Karoo Fotografie Toer
TOUR INFORMATION
Tydsduur
6 dae / 5 nagte
Formaat
Formele akkommodasie (soms deel jy badkamers)
4x4 bakkie of SUV met goeie grondvryhoogte
Afstand: Ongeveer 450 km
Volgende Toere
9 - 14 April 2026
Cost
R17 500 pp wat deel (2026)
(enkel: plus 30%)
Maks. hoeveelheid persone
Maksimum 12 gaste
PRACTICAL INFORMATION:
Ingesluit:
3 maaltye per dag – vanaf aandete Dag 1 tot ontbyt Dag 6
5 nagte se akkommodasie
Dienste van professionele toergids en fotografiegids
Ordentlike karradios
Toegang tot relevante fotografiebestemmings
- Voertuigonkostes (brandstof, ens.)
- Persoonlike drankies en versnaperinge
TOER PLAN
Heuningland-toere se Douwe Vlok en reisjoernalis Toast Coetzer is altwee Karoo-mense – op dié toer ervaar jy van hul gunstelingplekke, ry op agterpaaie langs en kom elke dag by besonderse fotografiebestemmings uit.
Dag 1: Nelspoort & Theefontein
Ons ontmoet om 11 vm. by Whistling-Bridge Coffee Shop langs die N1 naby Drie Susters.
Ons eerste bestemming is die vergete spoorwegdorpie van Nelspoort. Hier besoek ons pragtige rotsgravure asook ’n sogenaamde “gong rock”, wat moontlik deur Boesmans in reënmaakseremonies gebruik is. Dit is van die mooiste rotskuns in Suid-Afrika.
Daarna ry ons na kruiekenner en storieverteller Antoinette Pienaar se gasteplaas, Theefontein, waar ons aandete geniet en die Karoo se sterre in al hul glorie sien.
Toast deel ook van sy Karoofoto’s vir inspirasie vir die komende dae.
Dag 2: ’n Karre-museum en Nieu-Bethesda
Na ontbyt op Theefontein besoek ons ’n besonderse motormuseum waar ons ou karre gaan afneem. Hierna ry ons grondpadlangs na Murraysburg – op pad geniet ons ’n piekniek-middagete terwyl Toast ons meer vertel van klassieke landskap-komposisies.
Indien die tyd ons toelaat, ry ons op die Sneeubergpad. Hierdie is een van die mooiste grondpaaie in die Karoo – die landskappe is iets om te sien!
Ons oornag die volgende 2 nagte by Doornberg-gasteplaas naby Nieu-Bethesda.
Dag 3: Kompasberg, die “Stone Folk” en Nieu-Bethesda
Dag 4: Fossiele en Ganora-gasteplaas
Na ’n rustige ontbyt op die plaas ry ons weer deur die dorp en besoek Ganora-gasteplaas oos van Nieu-Bethesda. Hier begelei die eienaar JP Steynberg ons deur die Fossielmuseum wat bestaan meestal uit versteende beendere van oerdiere wat hier op hulle plaas ontdek is.
Dag 5: Waterval Farmstay, Graaff-Reinet
Dag 6: Totsiens
Ons ontmoet vir oulaas oor ’n koppie koffie en ontbyt voor ons mekaar groet – tot volgende keer!