AFRICAN TOURS
Beyond The Map!
NOORD-WES BOTSWANA & NOORD-OOS NAMIBIë
TOER INLIGTING
Tydsduur
10 dae/ 9 nagte
Formaat
’n Begeleide, self-ry 4x4 toer Gerieflike tente
Volgende toere
15-24 Mei 2027
Koste
R32 650 per persoon (2027)
Maks. hoeveelheid persone
Minimum 6 & maksimum 12 gaste
PRAKTIESE INLIGTING:
- Drie maaltye per dag (vanaf aandete op dag 1 tot ontbyt op dag 10)
- Gids, sjef & assistent
- Alle parkfooie
- 9 nagte se akkommodasie
- Professionele tweerigting-radios
- Tente en breekgoed
- Voertuigonkostes soos brandstof, grenstariewe, ensovoorts
- Persoonlike drankies en versnaperinge
- Beddegoed
- Visums (Suid-Afrikaanse burgers het nie visums nodig nie)
Op hierdie toer besoek ons:
Ghanzi – Gcwihaba Grotte (Drotsky’s Caves) – Naye-Naye Panne / groot kremetarte– Khoi-San – Khaudum Nasionale Park – Bwabwata Nasionale Park - Kavangorivier
- Ons Reis
Hierdie 10-dag toer is ’n avontuur van begin tot einde. Ons besoek ongekende plekke in Wes-Botswana en Oos-Namibië soos die Gcwihaba grotte en Naye-Naye Panne en bekende nasionale parke soos Khaudum (bastergemsbokke) en die Buffalo gedeelte (swartwitpense) van Bwabwata. Olifante, buffels is volop in beide parke en ander wild soos wildehonde, ratels, jagluiperd en leeus word ook gereeld hier gewaar. Ons kruis die grens by Dobe-grenspos!
Die toer is saamgestel met die oog op agterpaaie en wild. Ter selfdertyd om te ontspan in die wildernis. Daar sal baie fotogeleenthede wees met wild en kremetarte en vir die voëlkykers is dit ‘n paradys.
Professionele gids Douwe Vlok lei dié toer en hy word bygestaan deur ’n klein maar gedugte span, wat sal sorg dat daar altyd ’n heerlike maaltyd vir jou wag by die kampterrein – waar jou tent ook reeds opgeslaan staan.
TOERPLAN
Dag 1 - Ghanzi
Ons ontmoet die middag by Symphonia lodge en kampterrein, 7km Noord van Ghanzi oppad Maun toe.
Die tente sal reeds opgeslaan wees, die koffie gereed wees en julle kan laat middag uitpak en ontspan om die vuur. Voor aandete leerken ons mekaar beter en gesels oor ons beplande roetes en toer.
Dag 2 - Gcwihaba Grotte
“Short drop” en geen storte nie
Na ‘n vroeë ontbyt pak ons op en vertrek na die dorpie Sehithwa(190km), waar ons brandstof aanvul. Van daar is dit ‘n verdere 60km teerpad voordat ons op die 110km tweespoor-sandpad afdraai na die Nxai-Nxai area waar die grotte is.
Indien moontlik besoek ons dieselfde middag altwee die grotte. Dit is ongekend en baie spesiaal.
Die omgewing is ook bekend vir sy olifante.
Dag 3&4: Naye-Naye Panne
Na ‘n laat ontbyt vertrek ons na die Dobe-grenspos tussen Botswana en Namibië. Dit is ‘n baie klein grenspos en behoort vinnig te gaan. Ons kamp 2 nagte onder n massiewe kremetartboom met storte en toilette.
Die volgende oggend gaan ons op ‘n kort insiggewende stappie saam met ‘n San-Boesman. Na “brunch” ry ons deur/om die Naye-Naye Panne opsoek na wild en voëls
Dag 5: Sikereti
Na ontbyt vertrek ons na Tsumkwe om brandstof aan te vul.
Ons het dan 60km om te ry tot by die Khaudum Nasionale Park. Ons soek wild en nuttig middagete langs die pad, verkieslik by ‘n watergat.
Daarna gaan “settle” ons in by Sikereti kamp in die suide van die nasionale park. Die water is hier drinkbaar en daar is porselein spoeltoilette en warm donkie-storte.
Ons sal ook probeer om sonsondergang by 1 van die watergate te geniet, indien die tyd dit toelaat.
Van hier af verder het al die kampplekke spoeltoilette en warm storte.
Dag 6 & 7: Khaudum Kamp
Khaudum park is bekend vir sy sandpaaie soos ons na die noorde beweeg. Ons besoek ‘n paar watergate en wees op die uitkyk vir bastergemsbokke en ander wildspesies.
Laat middag klok ons in by Khaudum Camp in die noorde van die park. Die kampplek het ‘n pragtige uitsig en ons kan net daar ontspan om die vuur.
Ons slaap 2 aande hier en die volgende dag is uitgesit om die park te verken, hetsy in ‘n groep, of op jou eie stoom.
Dag 8 & 9: Nyime Kamp
Na ontbyt is dit 80km sandpad tot by die Rundu / Katima Mulilo teerpad in Wes-Caprivi. Hier pomp ons wiele op en ry 100km teerpad Divundu toe vir brandstof en roomys!
Ons vertoef 2 nagte in die Buffalo-gedeelte van Bwabwata Nasionale Park. Die kampplek is op die Kavangorivier en ons kan om die vuur ontspan met sonsondergang. Die wat so voel kan wel dieper die park ingaan om wild soos olifante en buffels te soek tydens sonsondergang.
Die volgende dag spandeer ons in die park opsoek na vlakvarke, koedoes, swartwitpense, leeus en die sku chobe-bosbokke.
Laatmiddag gaan ons op ‘n bootrit op die Kavangorivier in die nasionale park. Dit is baie spesiaal waar buffels, seekoeie en olifante ons soms vermaak met sonsondergang.
Dag 10: Huiswaarts
Na ontbyt is dit ongelukkig tyd om huiswaarts te draai. Dit is nie vaarwel nie, maar net tot volgende keer!