STAPTOERE

Volmaan Karoostap

TOER INLIGTING

Tydsduur

5 dae / 4 nagte | Totaal 65 km

Formaat

Almal kamp met eie beddegoed en tente

Volgende toere

3 - 7 November 2025

1 - 5 Maart 2026
24 - 28 Oktober 2026

Koste

R6 275 per persoon (2025)
R7 450 per persoon (2026)

Maks. hoeveelheid persone

Maksimum van 14 stappers

Media Artikel

Weg! Stapgids

PRAKTIESE INLIGTING:

Ingesluit:
  • 3 Etes per dag. Sluit in aandete dag 1 tot ontbyt dag 5.
  • Koffie en tee met ontbyt en aandete.
  • Sekere stappe bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf.
‘n Bakkie of SUV met goeie grondvryhoogte word benodig om tot by Bergvallei se plaashuis te ry.
  • Tent en beddegoed
  • Kopliggie met ekstra batterye
  • Gemaklike stap tekkies/Trail Runners en klere (nie “hiking boots”)
  • Sonhoed en sonskerm
  • Warm klere vir saans
  • Ligte windbreaker en reënjas
  • Swembroek
  • Eetgerei, beker en Tupperware bakkie met ‘n deksel, vir wegneemetes
  • Handdoek en toiletware
  • Kampstoel
  • Kamera en verkyker (opsioneel)
  • Leesboek
  • Drankies en peuselkos

TOERPLAN

Kom stap saam met ons in die Karoo terwyl jou voetpad deur die volmaan belig word. Dit is vyf stappe oor vier aande waarvan die kortste 8km en die langste 16km is. Die roete bestaan uit een laatmiddagstap wat opsioneel is op die eerste dag, twee vroegoggend (nog donker) stappe en twee nagstappe.
 
Ons vestig ‘n basis op Bergvallei se plaaswerf vir die vier aande. Deur die dag rus ons onder die koelte bome, lees boek of vat ‘n middagslapie. Daar is ‘n lieflike ou sement plaasdam om in af te koel. Almal kamp met hulle eie beddegoed en tente. Ons maak gebruik van die plaashuis se badkamers en kombuis. Die huis kan ook in die dag gebruik word om in te kuier, maar daar is ongelukkig nie genoeg slaapplek om almal te akkommodeer nie en daarom kamp almal.

 

Al die paaie is tweespoorpaaie in klowe en op randjies met asemrowende uitsigte. Jy kan alleen of saam met iemand stap.
Dag 1: Kort middagstap, 9.5km (opsioneel)
Almal arriveer na 14h00 en skrop nes op die plaaswerf van Bergvallei.
Middagstap van 9.5km (opsioneel) ±2½ ure, begin ongeveer 16h00 stap.
Oggendstap van 18.5km ±6 ure
Begin ongeveer 02h00 stap.
Oggendstap 10km ±3 ure
Begin ongeveer 04h00 stap.
 
Aandstap van 14km ±6 ure
Begin ongeveer 17h00 stap. Vanaand is dit ‘n wegneemete.
Aandstap 18km ±6 ure
Begin ongeveer 17h00 stap. Vanaand is dit ‘n wegneemete.

Ontbyt is om 08h00 voordat almal weer huistoe vertrek.

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!

Gallery