KAROO TOERE

Karoo Fotografie Toer


TOER INLIGTING

Tydsduur

6 dae / 5 nagte

Formaat

Formele akkommodasie (soms deel jy badkamers)

4x4 bakkie of SUV met goeie grondvryhoogte

Afstand: Ongeveer 450 km

Volgende Toere

19-24 Maart 2025

Koste

R14 800 pp wat deel (2025)
(enkel: plus 30%)

Maks. hoeveelheid persone

Maksimum 14 gaste

PRAKTIESE INLIGTING:

Ingesluit:
    • 3 maaltye per dag – vanaf aandete Dag 1 tot ontbyt Dag 6

    •  5 nagte se akkommodasie

    • Dienste van professionele toergids en fotografiegids

    • Ordentlike karradios

    •  Toegang tot relevante fotografiebestemmings


    Uitgesluit:
    • Voertuigonkostes (brandstof, ens.)
    • Persoonlike drankies en versnaperinge

TOER PLAN

Heuningland-toere se Douwe Vlok en reisjoernalis Toast Coetzer is altwee Karoo-mense – op dié toer ervaar jy van hul gunstelingplekke, ry op agterpaaie langs en kom elke dag by besonderse fotografiebestemmings uit.

 

Dag 1: Nelspoort & Theefontein

Ons ontmoet om 11 vm. by Travalia Padstal langs die N1 naby Drie Susters.

 

Ons eerste bestemming is die vergete spoorwegdorpie van Nelspoort. Hier besoek ons pragtige rotsgravure asook ’n sogenaamde “gong rock”, wat moontlik deur Boesmans in reënmaakseremonies gebruik is. Dit is van die mooiste rotskuns in Suid-Afrika.

 

Daarna ry ons na kruiekenner en storieverteller Antoinette Pienaar se gasteplaas, Theefontein, waar ons aandete geniet en die Karoo se sterre in al hul glorie sien.

 

Toast deel ook van sy Karoofoto’s vir inspirasie vir die komende dae.
Dag 2: ’n Karre-museum en Nieu-Bethesda

Na ontbyt op Theefontein besoek ons ’n besonderse motormuseum waar ons ou karre gaan afneem. Hierna ry ons grondpadlangs na Murraysburg – op pad geniet ons ’n piekniek-middagete terwyl Toast ons meer vertel van klassieke landskap-komposisies.


Indien die tyd ons toelaat, ry ons op die Sneeubergpad. Hierdie is een van die mooiste grondpaaie in die Karoo – die landskappe is iets om te sien!

 

Ons oornag die volgende 2 nagte by Doornberg-gasteplaas naby Nieu-Bethesda.


Dag 3: Kompasberg, die “Stone Folk” en Nieu-Bethesda
Na ontbyt by Doornberg ry ons na nabygeleë Nieu-Bethesda waar ons die Uilhuis aandoen en foto’s neem van randkunstenaar Helen Martins se roerende kunsnalatenskap. Kleur en tekstuur is in die visier van die fotograwe – Toast vertel hoe om die meeste te maak van klein details.

Na middagete neem ons die sierlike Kompasberg af, die hoogste piek in die omgewing.

Laatmiddag besoek ons die sogenaamde “Stone Folk” op die plaas Ongeluksloot. Dié klipbeelde is geskep deur kunstenaar Ryno Greeff en is soortgelyk aan die Kaokoveld se klipfigure. Vanaand eet ons weer saam by Doornberg en geniet die rustige plaasatmosfeer.

Fotograwe kan vanaand van hul eie toerfoto’s deel tydens terugvoersessies met Toast.

Dag 4: Fossiele en Ganora-gasteplaas

Na ’n rustige ontbyt op die plaas ry ons weer deur die dorp en besoek Ganora-gasteplaas oos van Nieu-Bethesda. Hier begelei die eienaar JP Steynberg ons deur die Fossielmuseum wat bestaan meestal uit versteende beendere van oerdiere wat hier op hulle plaas ontdek is.


Middagete is op Ganora, waarna ons inboek en dan ontspan. Agtermiddag kan jy saam met Toast rondstap en foto’s neem van die opstalle, kraal en plaasdiere.

Fotograwe kan vanaand van hul eie toerfoto’s deel tydens terugvoersessies met Toast.



Dag 5: Waterval Farmstay, Graaff-Reinet
Na ontbyt kies ons koers na die Graaff-Reinet-distrik. Nadat ons van die teerpad afdraai volg ons ’n grondpad wat aan die voet van Nardousberg verbyloop. Min toeriste ry ooit hier. Oral is treffende landskappe vir ons om af te neem. 

Ons bereik later Waterval Farmstay waar Ansie Malherbe ons gasvrou is. Ons geniet middagete op die plaas en berei ons voor vir ’n laatmiddag portretfotosessie saam met Toast. Vanaand kuier ons saam om die vuur voordat almal gerieflik gaan slaap in hul kothuise.


 

Dag 6: Totsiens

Ons ontmoet vir oulaas oor ’n koppie koffie en ontbyt voor ons mekaar groet – tot volgende keer!

 

LAAI BESPREKINGSVORM AF
Beaufort West Victoria West, Loxton Padborde

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!
KLIEK HIER

Gallery