Heuningland is ‘n salige stukkie aarde tussen Beaufort-Wes en Fraserburg op die Oukloof pad.
Heuningland is ‘n salige stukkie aarde tussen Beaufort-Wes en Fraserburg op die Oukloof pad.
Ons grens aan die Suid-Westelike kant van die Karoo Nasionale Park. Vir jare droom ons om ‘n selfonderhoudende leefstyl hier te vestig. Na baie ander avonture het die tyd aangebreek om van die gewone padkaarte af te klim en oor te klim op die hartkaart van die Karoo.

Die naam Heuningland is gekies vir dit wat “heuning” vir ons simboliseer:

100% Natuurlik
100% Natuurlik

Oorspronklik
Oorspronklik

Genesing
Genesing

Belofte
Belofte

Eenvoud
Eenvoud

Produktiwiteit
Produktiwiteit

100% Natural
100% Natural

Original
Original

Healing
Healing

Promise
Promise

Simplicity
Simplicity

Productivity
Productivity
Heuningland word bewaak en gekoester deur die berge, en word gevoed deur baie herinneringe, twee sterk boorgate en ‘n groot droom. Die staptoere en perdry ekspedisies sal die eerste tree wees na ons visie om onsself permanent hier te kom vestig.
Die mens kan nie weer teruggaan na die tyd toe miljoene springbokke oor die Karoo vlaktes getrek het nie, maar die aarde hier onthou nog. Die herinneringe van die aarde word hier, in die ysterklippe van die Groot Karoo gebêre. Kom sit op een, en onthou saam met ons.
Meer oor Heuningland Toere
Meer oor Heuningland Toere
