Heuningland

"Om 'n Karoo te skep het jy nodig 'n by, 'n vygie en 'n mymering

as bye skaars is, dan net die mymering." - DJ Opperman (ververking van Emily Dickson se gedig)

SIEN ONS TOERE
Die Karoo

Die Groot Karoo

Die eenvoud van die Groot Karoo, met al sy geheimenisse en stories, is nou toegangklik vir almal wat ‘n behoefte het om die klok te stop. As mens hier in die land van ruimte lank genoeg stil genoeg raak, kan jy weer die hartklop van die aarde hoor. Dit is ‘n plek waar tyd nie bestaan nie. 

Ons is trots Suid-Afrikaans en het ‘n passie vir die Groot Karoo, sy mense, unieke plantegroei en diere. In wese is ons bewaarders van die natuur en wil graag ons kennis, wat deur jare se ondervinding opgedoen is, deel dmv begeleide staptoere, Karootoere asook pasgemaakte safaris na enige bestemming in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Botswana.

Toere

Toere

AFRIKA TOERE

Afrika Toere

Hierdie toere laat ons toe om te reis deur woude, oor vloedvlaktes en graslande waar ons sonsopkomste en sonsondergange kan geniet in die asemrowendste dele van Suider-Afrika.

LEES VERDER
STAPTOERE

Staptoere

 Ons staptoere sal jou in staat stel om werklik ware stilte en vrede te ervaar. Ons bied beide volmaanstappe en dagstappe aan in die Karoo en staptoere in die Richtersveld. 

LEES VERDER
KAROO TOERE

KAROO Toere

Ons is passievolle bewaringsagente van die natuur en wil ons kennis en jare se ondervinding deel deur toere in die Karoo. Die toer sluit interessante bestemmings in met werkswinkels eie aan die Karoo.
LEES VERDER

Lofprysings van ons reisigers

Lofprysings van ons reisigers

Media Vennote

Media Vennote

WEG/GO logo
Platteland logo
AA Traveller logo