TOER INLIGTING
TOER INLIGTING
PRAKTIESE INLIGTING:
PRAKTIESE INLIGTING:
Ingesluit:
- 3 Etes per dag. Sluit in aandete dag 1 tot ontbyt dag 5.
- Koffie en tee met ontbyt en aandete.
- Sekere stappe bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf.
‘n Bakkie of SUV met goeie grondvryhoogte word benodig om tot by Bergvallei se plaashuis te ry.
- Tent en beddegoed
- Kopliggie met ekstra batterye
- Gemaklike stap tekkies/Trail Runners en klere (nie “hiking boots”)
- Sonhoed en sonskerm
- Warm klere vir saans
- Ligte windbreaker en reënjas
- Swembroek
- Eetgerei, beker en Tupperware bakkie met ‘n deksel, vir wegneemetes
- Handdoek en toiletware
- Kampstoel
- Kamera en verkyker (opsioneel)
- Leesboek
- Drankies en peuselkos
TOERPLAN
TOERPLAN
Kom stap saam met ons in die Karoo terwyl jou voetpad deur die volmaan belig word. Dit is vyf stappe oor vier aande waarvan die kortste 8km en die langste 16km is. Die roete bestaan uit een laatmiddagstap wat opsioneel is op die eerste dag, twee vroegoggend (nog donker) stappe en twee nagstappe.
Ons vestig ‘n basis op Bergvallei se plaaswerf vir die vier aande. Deur die dag rus ons onder die koelte bome, lees boek of vat ‘n middagslapie. Daar is ‘n lieflike ou sement plaasdam om in af te koel. Almal kamp met hulle eie beddegoed en tente. Ons maak gebruik van die plaashuis se badkamers en kombuis. Die huis kan ook in die dag gebruik word om in te kuier, maar daar is ongelukkig nie genoeg slaapplek om almal te akkommodeer nie en daarom kamp almal.
Al die paaie is tweespoorpaaie in klowe en op randjies met asemrowende uitsigte. Jy kan alleen of saam met iemand stap.
Stel jy belang in die toer?
Stel jy belang in die toer?
Laat ons help om te beplan!
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery