AFRIKA TOERE
Formele Voëlkyk Caprivi Avontuur
TOER INLIGTING
Tydsduur
8 dae / 7 nagte
Formaat
Formele Akkommodasie
Volgende toere
Bou jou eie pasgemaakte toer - kontak ons vir datums wat jou pas.
Koste
Sal bevestig word
Maks. hoeveelheid persone
Minimum 4 & maksimum 8 gaste
Enkel persoon + 30%
PRAKTIESE INLIGTING:
- Alle vervoer van en na Kasane
- 3 Etes per dag – vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 8
- Voëlgids en gasheer
- Alle toegangsfooie van Parke
- 7 nagte se akkommodasie met linne en handdoeke
- Wildkykritte soos later genoem
- Bootvaarte
- Vlugte na en van Kasane
- Persoonlike drankies en versnaperinge
- Lughawebelastings
- Visum indien nodig
Hierdie avontuur word toegespits op die Zambezi streek (Caprivi) van Namibië. ‘n Spesialis voëlgids vergesel ons tydens die toer en aangesien hy in Katima Mulilo gevestig is, weet hy waar om al die wegkruipertjies te vind soos bv. die Geelkeelwillie (Yellow-Throated Leaflove). Hierdie toerplan is 'n voorbeeld en kan aangepas word volgens individuele behoeftes.
TOERPLAN
Katima Mulilo 1 nag
Nadat ons aanland by ons lodge vanaf Kasane, maak ons gereed om ‘n sonsondergang te gaan geniet by die Rooiborsbyvreters se neste. Ons keer dan terug na die Lodge vir aandete.
Nkasa Rupara Nasionalepark 2 nagte
Zambezi- en Choberivier 2 nagte
Na ontbyt gaan ons terug na Katima Mulilo vir roomys en klim op die huisbote van Caprivi Houseboat Safaris. Die akkommodasie op die bote is daktente en “porter potty” Saans meer die bote vas en maak ons ‘n gesellige vuur en geniet aandete met ons voete in die sand. (Kyk uit vir ou vuilbaard!) Een nag sal op die walle van die Zambezi wees en die volgende aand op die walle van die Chobe, oorkant die Chobe Nasionale Park.
Serondela Lodge 2 nagte
Die huisboot laai ons af by die Serondela Lodge in die Caprivi. Met ‘n kouetjie in die hand, kan ons vanaf die dek of swembad die olifante dophou wanneer hul kom water drink. Vroegoggend ervaar ons ‘n “village walk” en soek voëls op die vloedvlakte. Hierdie gebied is bekend vir luiperdwaarnemings en ons geniet weer ‘n bootrit op die rivier.
Huistoe
Indien iemand wil langer bly in Kasane/Chobe kan ons enige tyd help met besprekings.