AFRIKA TOERE
Caprivi Nasionale Park & Luiwa Plains
TOER INLIGTING
Formaat
Kampering
Tydsduur
12 Dae / 11 Nagte Kampering
Volgende toere
18-29 November 2026
Koste
R39 850 per persoon (2026)
Maks. hoeveelheid persone
Min 8 & Maks 16 gaste
PRAKTIESE INLIGTING:
Ingesluit:
3 Maaltye per dag – vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 12(dag 4 jul eie middagete in Katima)
Gids en Sjef
Alle parkfooie
11 nagte se akkomodasie
Tente en breekgoed
Uitgesluit
Voertuigonkostes bv. brandstof en grensoorgang kostes
Persoonlike drankies en versnaperinge
Beddegoed & matrasse
Visums indien benodig
Hierdie avontuur konsentreer op die Zambesi Streek(Caprivi) van Namibië en Suid-Westelike Zambië, Barotseland. Ons verken gebiede waar meeste mense nooit gaan nie. Nasionale parke wat ons oor hierdie 12 dae besoek is in Namibië nl. Nkasa Rupara aan die Linyantirivier, Mudumu en Bwabwata(Horseshoe bend) aan die Kwandorivier en in Zambië die Sioma-Ngwezi en Liuwa Plains Nasionale Parke. Ons besoek ook die indrukwekkende Ngonye Waterval wat die 2de hoogste waterval is in die Zambesirivier. Liuwa Plains, bekend vir sy Wildebees migrasie en voëls, is ons tuiste vir 5 nagte. Ons kampeer in die wildernis met 4 van die Groot 5 in die gebied. Die voëlkyk en foto-neem geleenthede is uitstekend soos ons voortreis deur woude, oor vloedvlaktes en grasvelde en sonsondergange en -opkomste geniet langs die riviere. Ons laaste aand kamp ons aan die kant van die Zambiese dorp, Mongu.
TOERPLAN
Dag 1 & 2: Nkasa Rupara Nasionale Park
Ons reis begin by die Shell garage in Kongola, van waar dit ongeveer 90 minute se rit is tot by die kampeerterrein.
Ons maak ons tuis en geniet die Afrika geluide rondom die kampvuur. Ons spandeer die volgende dag in die park waar ons leeus, luiperds, olifante, jagluiperds, buffels en ‘n verskeidenheid wildsbokke mag sien.
Vir die wat wil, kan ons ‘n bootrit op die Linyantirivier reël en/of ‘n nagrit in ‘n safarivoertuig(eie koste).
Daar is geen omheinigs nie en die diere loop vry rond.
Warm storte(donkies) en spoeltoilette.
Dag 3: Bwabwata Nasionale Park
Dit is ongeveer 1 uur se rit na Mudumu nasionalepark waar ons aan die oostekant van die Kwandorivier rondry. Hierdie park is bekend vir sy bastergemsbokke en swartwitpense. Ons deurkruis die park voordat ons voortgaan na Bwabwata Nasionalepark toe.
Ons bly 1 nag by Nambwa in die Bwabwata Nas. Park aan die wes-oewer van die Kwandorivier. Vandat ons die Park binnegaan is dit grondpaaie en ‘n wildrit tot by die kamp.
Laat middag neem ons, ons kampstoele en ry na die befaamde Perdeskoen-gebied (Horseshoe bend) waar ons die sonsondergang inwag.
Dit is ‘n wonderlike ervaring om al die diere te sien wanneer hulle kom drink.
Warm storte(donkies) en spoeltoilette.
Dag 4 & 5: Sioma Kamp
Ons verlaat die park naby Kongola en ry dan teerpad tot by Katima Mulilo.
Na ‘n vroeë en vinnige middagete gaan ons Wenela grenspos(Katima grens) toe en doen ons voertuig papiere. Dit is altyd ‘n interessante oefening.
Aan die Zambiese kant is die dorpie Sesheke en van daar tot by ons kamp 140km teerpad.
Die kampterrein kyk af op die Zambesirivier met pragtige sonsondergange.
Warm storte en spoëltoilette.
Na ‘n rustige ontbyt ry ons na die Ngonye-valle, die tweede hoogste in die Zambesi. Hier kan ons heerlik swem/baai en die pragtige natuurskoon beleef. Die somer besoekende withalssprinkaanvoëls, is gewoonlik ook daar op die rotse.
Ons is terug by die kamp vir middagete en die agtermiddag rus en ontspan ons.
Dag 6, 7, 8, 9, 10: Liuwa Vloedvlakte Kwale / Katoyana Kamp
Vandag is ons laaste dag vir inkopies(veral ys) vir die volgende 6 dae. Die dorp Mongu het ‘n lekker Shoprite waar ons die nodigste inkopies en vars groente kry.
Ons draai dan Wes om oor die 50km breë Zambezi vloedvlakte te ry Kalabo toe. Oppad ry ons verby die Lozi koning se winter woning en van sy “Royal Canoes” wat deel uit maak van die kleurvolle Kambuka seremonie.
By Kalabo kruis ons die Luwanginarivier en na ‘n paar sanderige kilometers teken ons in by die Liuwa Plains National Park.
Ons kampplekke is “rustic” met koue storte maar wel spoeltoilette. Ons moet ons eie drinkwater voorsien vir hierdie 6 dae. Ons slaap by Kwale kamp vir 2 nagte in die Suidelike deel en beweeg dan meer Noord na Katoyana kamp vir 3 nagte.
Vir die volgende paar dae deurkruis ons die eindelose vlaktes opsoek na die roofdiere wat agter die duisende migrerende blou wildebeeste aan trek. Die hiëna’s was vir jare die hoof roofdier en is groter as normaal. Daar is ook heelwat wildehonde wat ons verseker sal soek.
Dit is ook ‘n voëlkyk meka met swerms Mahems, Lelkraanvoëls, Witbaardsterretjies en ‘n moontlike bosloerie!
Die onbekende oorbietjies, wat amper soos ‘n steenbok op steroids lyk, is ook heelwat in die park.
Africa Parks het die park oorgeneem en saam met ander bewarings organiesasies doen hulle baie om die natuurlike balans te herstel bv. deur leeus terug te bring. Die leeus het goed aan gepas en al vermeerder.
Day 11: Mongu
Vandag verlaat ons ongelukkig hierdie pragtige, ongerepte gebied en keer terug na Kalabo en dan Mongu waar ons die aand oornag.
Die kampplek is aan die kant van die dorp met pragtige sonsondergange oor die vloedvlakte.
Dit is ook ons laaste aand saam.
Day 12: Katima Mulilo & Huis toe
Ons kruis die grens, terug na Katima Mulilo toe (cappuccinos en dalk roomys) en dan is dit ongelukkig tyd vir groet.
Dis nie vaarwel nie maar slegs tot ons weer ontmoet!