STAPTOERE
Karoo Staproete
TOER INLIGTING
Formaat
Sirkelroete en stap ongeveer 103 km. | Almal kamp met eie beddegoed en tente.
Volgende toere
24 April - 28 April 2026
3 September -7 September 2026
Koste
R6 750 per persoon (2026)
Maks. hoeveelheid persone
Maksimum van 18 stappers
Media Artikel
PRAKTIESE INLIGTING:
- 3 Etes per dag. (Aandete dag 1 tot middagete dag 5)
- Koffie en tee met ontbyt en aandete
- Middagetes bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf
- Die vervoer van alle tente, klere en stoele na die volgende oornagplek
- Drankies
- Peuselkos
- WAT OM IN TE PAK:
- Tent en beddegoed
- Gemaklike stap tekkies/Trail Runners (nie “hiking boots nie”) en klere
- Sonhoed en warm mus
- Warm klere vir saans
- Eetgerei, beker en Tupperware bakkie, met ‘n deksel, vir middagete
- Handdoek en toiletware
- Kampstoel
- Kamera en verkyker (opsioneel)
- Drankies en peuselkos
TOERPLAN
Ons volg tot ‘n groot mate die spoor van Sylvester die leeu. Ons doen ‘n sirkelroete in die mooie Karoo en stap ongeveer 103 km oor 4 dae. Hierdie deel van die Karoo kan nie vanaf die hoofpaaie gesien word nie. Die staproete sal duidelik gemerk wees en elkeen stap teen sy eie spoed.
Dag 1: Welgemoed kamp, arriveer
Almal arriveer vanaf 15h00 op die plaas Welgemoed se kampterrein 71 km van Beaufort-Wes af. Dit is net ‘n bymekaarkomplek en elkeen slaan sy eie tent op. Bostoilette en ‘n emmer met warmwater vir stort word voorsien. Die voertuie bly hier totdat die stap voltooi is.
Dag 2: Oukloof 27.5 km
Dag 3: Tweefontein 26 km
Dit is net opdraand in die begin om uit die kloof te kom en dan is dit weer platterig. Ons is dan op die rand van die Afrika plato. Die plato is op die Nuveldberge en dit is ‘n nuwe veld, heel anders en sonder doringbome. Hierdie dag sien ons ook die oop vlaktes van die Groot Karoo.
Dag 4: Kareebos 22.5 km
Ons sak af in die bolope van die Leeurivier en verby Leeukloof se opstal. Vandag is heelpad tweespoor. Die natuur begin weer verander met rooi koppe en diep rivierlope.
Dag 5: Welgemoed 27 km
Ons stap vir ‘n lang ent langs die Karoo Nasionale Park se grensdraad. Hopelik is hier ‘n geleentheid om mooi wild te sien. Daar is, vir die wat wil, die opsie om te gaan kyk waar Sylvester uitgekom het. Die laaste deel van vandag se stap gaan jou bederf met van die mooiste panoramiese uisigte. Dit is ook ons laaste dag saam en elkeen kan bietjie ontspan voordat die lang pad huistoe aangedurf word.
WEG! Artikel
Die volgende artikel oor Heuningland se staproete was gepubliseer in die “WEG!” tydskrif, geskryf deur Erns Grundling: Leeuloop in die Karoo