AFRIKA TOERE
Kalahari Mabuasehube Kgalagadi Transfrontier Park
TOER INLIGTING
Tydsduur
7 dae/ 6 nagte
Formaat
‘n Begeleide (4×4) toer
Gemaklike Tente
Let wel: Ablusie geriewe en 220 krag by Nossob Ruskamp; Rooiputs & Mabuasehube slegs puttoilette en emmerstorte.
Volgende Toere
18 - 24 Mei 2026
Koste
R19 800 per persoon (2026)
Maks. hoeveelheid persone
Min 8 & Maksimum 12 gaste
PRAKTIESE INLIGTING
- Drie maaltye per dag (vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 7)
- Gids & sjef
- Alle parkfooie
- 6 nagte se akkommodasie
- Behoorlike “in-car” radios
- Tente & eetgerei
- Voertuigkostes bv. Brandstof en oorgrensfooie
- Beddegoed en matrasse
- Jou eie versnaperinge en drankies
- Mediese versekering
- Visums indien nodig
Sleutel ervarings:
- Die park is ongeveer 4 miljoen hektaar groot en word deurkruis deur slegs ‘n paar tweespoor paaie. Meeste van die wild hou by die Nossob- en Auobriviere asook naby die panne in die Mabuasehube gebied in Botswana.
- Aan die Botswana kant is daar geen omheinings om die kampe nie en dit is ‘n fantastiese ervaring om saans om die vuur te sit.
- Die rooi duine landskap met wit gras en groen bome lewer pragtige fotogeleenthede.
- Die dierelewe is volop met bakoorjakkalsies, ratels en erdmannetjies(waaierstert-meerkatte).
- Die voëllewe is ongelooflik en ons sal op die uitkyk wees vir kleiner voëlsoorte soos sandpatryse, dwergvalkies en korhane. KTP is welbekend vir sy roofvoëls.
- Ons is in radioverbinding wanneer ons in konvooi ry om historiese- en omgewingsinligting te deel
- Die gesoute bossjef sal julle verras met drie etes per dag en vars gebakte brood.
- Die Heuninglandspan slaan julle tente op vir hierdie avontuurtoer, met volop wild en heelwat sand wat 4×4 ry vereis.
TOER PLAN
Dag 1 & 2: Nossob
Ons magiese avontuur deur die Kgalagadi Transfrontier Park begin vandag by Nossob kampplek. Dit is ‘n wildbesigtigingsrit al die pad van Tweerivieren af waar julle moet uitkyk vir meerkatte en die sku groukat (vaalboskat). Dit is 160km van Tweerivieren af tot by Nossob en julle het die hele dag om dit te benut.
Aangesien ons 2 nagte by Nossob bly, bied dit ons die geleentheid om vroeg oggend van dag 2 uit te gaan en wild te soek, voor sonsopkoms. Vandag is dit wildritte in die Nossob omgewing en ontspan in die swembad. Die watergat by Nossob(foto onder) raak soms besig en is verlig saans.
’n Heerlike ete wag op ons om die vuur waar ons vanaand ontspan.
Dag 3,4, 5 & 6: Mabuasehube
Dag 7: Huis Toe
Na ontbyt is dit ongelukkig tyd om te groet, maar net tot volgende keer