AFRIKA TOERE
Richtersveld Fotografie Toer
TOER INLIGTING
Tydsduur
10 dae / 9 nagte
Formaat
4 x 4 met tent akkommodasie
2 x 4 bakkie met “diff-lock” en hoë grondvrye hoogte kan ook gebruik word
(Afstand: ongeveer 800 km)
Volgende toere
16-25 AUGUSTUS 2026
Koste
R25 775 per persoon (2026)
(International fee of R1 380 applies to International Guests in 2026)
R27 950 per persoon (2027)
(International fee of R1 380 applies to International Guests in 2027)
Please Note for International Guests
An additional fee per person applies.
This is due to higher conservation and park entry rates set by the national parks we visit, which differ for international travellers.
Thank you for understanding and supporting conservation efforts in South Africa.
Maks. hoeveelheid persone
16 guests
PRAKTIESE INLIGTING:
- 3 Maaltye per dag – vanaf aandete dag 1 tot aandete dag 9
- Gids, sjef & fotografiese instrukteur
- Alle parkfooie
- 9 nagte se akkomodasie
- Ordentlike karradios
- Tente en breekgoed
- Voertuigonkostes bv. brandstof en grensoorgang kostes
- Persoonlike drankies en versnaperinge
- Beddegoed en matrasse
- Visums indien benodig
TOERPLAN
Kom ervaar die Richtersveld in sy volle glorie saam met bekende fotojoernalis, Toast Coetzer en Heuningland Toere.
Dag 1: Oranje Rivier
Dag 2: Plaashuis - Wilderniskampering
Dag 3: Tierhoek - Wilderniskampering
Dag 4 & 5: De Hoop
Dag 6 & 7: Kokerboomkloof
Dag 8: Brandkaros
Spoeltoilette & warm storte
Vroegoggend na ontbyt, verken ons die park verder deur langs steil en kronkelpaaie oor die Helskloofpas te ry. Die wonderlike uitsigte maak dit alles die moeite werd.
Die gebied is bekend vir sy besonderse inheemse plantegroei en sluit talryke vetplante en unieke aalwyne in wat nêrens anders op aarde gevind word nie. (bv. Pearson’s aalwyne).
Ons oornag by Brandkaros kampplek met warm storte en spoeltoilette.
Alhoewel 20km weg, is dit moontlik dat ons die malmokkie (mistige weer) kan ervaar soos dit inrol vanaf die koue Atlantiese oseaan.