Heuningland
“Om ‘n Karoo te skep het jy nodig ‘n by, ‘n vygie en ‘n mymering as bye skaars is, dan net die mymering.” – DJ Opperman (ververking van Emily Dickson se gedig)
Die Groot Karoo
Die eenvoud van die Groot Karoo, met al sy geheimenisse en stories, is nou toegangklik vir almal wat ‘n behoefte het om die klok te stop. As mens hier in die land van ruimte lank genoeg stil genoeg raak, kan jy weer die hartklop van die aarde hoor. Dit is ‘n plek waar tyd nie bestaan nie.
Ons is trots Suid-Afrikaans en het ‘n passie vir die Groot Karoo, sy mense, unieke plantegroei en diere. In wese is ons bewaarders van die natuur en wil graag ons kennis, wat deur jare se ondervinding opgedoen is, deel dmv begeleide staptoere, Karootoere asook pasgemaakte safaris na enige bestemming in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Botswana.
Toere


Afrika Toere
Hierdie toere laat ons toe om te reis deur woude, oor vloedvlaktes en graslande waar ons sonsopkomste en sonsondergange kan geniet in die asemrowendste dele van Suider-Afrika.

Staptoere
Ons staptoere sal jou in staat stel om werklik ware stilte en vrede te ervaar. Ons bied beide volmaanstappe en dagstappe aan in die Karoo en staptoere in die Richtersveld.

KAROO Toere
Ons is passievolle bewaringsagente van die natuur en wil ons kennis en jare se ondervinding deel deur toere in die Karoo. Die toer sluit interessante bestemmings in met werkswinkels eie aan die Karoo.
Lofprysings van ons reisigers

"Dié Karoo staptog is een van daardie dinge wat jy doen en eers ná die tyd behoorlik besef hoekom jy dit gedoen het. Dis ’n ervaring wat jou lewe verander.”

"The Richtersveld Hiking Tour has been a highlight beyond my dreams. Thank you sincerely for making this place accessible to us. What a wonderful group of friends to find."

"Wat ‘n voorreg om my eie ou Karoo so te ervaar en weer meer te waardeer… Dankie Douwe en Liezl.. Julle doen hierdie onverbeterlik! Dit was so lekker om julle almal te ontmoet!! Lieflike mense wat lief is vir die natuur. Hoop ons sien gou weer…"

"Thanks so much Liezl and Douwe for sharing your beautiful part of the world with us. It was a truly incredible experience. Breathing in and seeing the magic of the Karoo is something that is carried in the soul forever."

"Baie dankie aan Douwe en Liezl en julle almal wat hierdie 4 dae so spesiaal gemaak het.
Dis goed om gereeld herinnner te word aan wat mens nog in staat is om te doen! Ek sal julle stap beslis aanbeveel! Dalk ‘n Botswana trip saam met julle in die nabye toekoms!"

Media Vennote



