AFRIKA TOERE

Caprivi Nasionale Park 
 & Luiwa Plains


TOER INLIGTING

Tydsduur

13 dae /12 nagte

Formaat

Kampering

Volgende toere

18-30 November 2025

Koste

R35 750 per persoon (2025)

Maks. hoeveelheid persone

Min 8 & Maks 16 gaste

PRAKTIESE INLIGTING:

Ingesluit:
  • 3 Maaltye per dag - vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 13 (eie middagete dag 12)

  • Gids en Sjef

  • 12 nagte se akkomodasie

  • Tente en breekgoed

  • Alle parkfooie


Nie ingesluit nie:
  • Voertuigonkostes  bv. brandstof, pont en grensoorgang kostes

  • Persoonlike drankies en versnaperinge

  • Beddegoed & matrasse

  • Visums indien benodig

Op hierdie toer ervaar jy:

Ons verken gebiede waar meeste mense nooit gaan nie.


Nasionale parke wat ons oor hierdie 12 dae besoek is in Namibië nl. Nkasa Rupara aan die Linyantirivier, Mudumo en Bwabwata(Horseshoe bend) aan die Kwandorivier en in Zambië die Sioma-Ngwezi en Liuwa Plains Nasionale Parke.

Ons besoek ook die indrukwekkende Ngonye Waterval wat die 2de hoogste valle is in die Zambesirivier.

Liuwa Plains, bekend vir sy Wildebees migrasie en voëls, is ons tuiste vir 4 nagte.

 

Ons kampeer in die wildernis met 4 van die Groot 5 in die gebied. Die voëlkyk en foto-neem geleenthede is uitstekend soos ons voortreis deur woude, oor vloedvlaktes en grasvelde en sonsondergange en - opkomste geniet langs die riviere.

 

Ons laaste aand kamp ons langs die Zambesirivier naby Katima Mulilo in Namibië.

TOERPLAN

Dag 1 & 2: Nkasa Rupara Nasionale Park

Ons reis begin by die Garage in Kongola, van waar dit ongeveer 90 minute se rit is na die kampeerterrein. Ons maak ons tuis en geniet die Afrika geluide rondom die kampvuur. Ons spandeer die volgende dag in die park waar ons leeus, luiperds, olifante, jagluiperds, buffels en ‘n verskeidenheid wildsbokke mag sien.


Vir die wat wil, kan laat-middag ‘n “combo” safarivoertuig wildrit en sonsondergang op die Linyantirivier doen(eie koste).

Daar is geen omheinigs nie en die diere loop vry rond.

Warm storte (donkies) en spoeltoilette.

Dag 3: Bwabwata Nasionale Park

Dit is ongeveer se rit na Mudumu nasionalepark waar ons aan die oostekant van die Kwandorivier rondry. Hierdie park is bekend vir sy bastergemsbokke en swartwitpense. Ons deurkruis die park voordat ons voortgaan na Bwabwata nasionalepark toe.

 

Laat middag neem ons, ons kampstoele en ry na die befaamde Perdeskoen-gebied (Horseshoe bend) waar ons die sonsondergang inwag.


Dit is ‘n wonderlike ervaring om al die diere te sien wanneer hulle kom drink.

Warm storte (donkies) en spoeltoilette.
Dag 4: Sioma-Ngwezi Nasionale Park

Ons kruis weer die Kwando na die oostekant en draai Noord na Zambië. Ons gaan Zambië binne by ‘n klein en ongekende grenspos en gaan ook terselfdertyd die Sioma-Ngwezi Nasionale Park binne.

Dit is sandpaaie soos ons verder Noord ry en kyk uit vir wild.

 

Barotseland(Westelike Zambië) is nog baie onontwikkeld en ons kamp die nag is baie basies maar wel pragtig naby die Kwandorivier, wat die grens tussen Zambië en Angola is.

Dis ‘n “onontdekte” gebied en word min besoek met pragtige natuurskoon en olifante naby die rivier.


Warm storte (donkies) en spoeltoilette.

Dag 5 & 6: Sioma Kamp

Ons verlaat die park naby die dorpie Sioma en ry na ons kampterrein aan die Zambesirivier. Warm storte, spoëltoilette en ‘n pragtige sonsondergang op die Zambesi wag op ons.

Na ‘n rustige ontbyt ry ons na die Ngonye-valle, die tweede hoogste in die Zambesi. Hier kan ons heerlik swem/baai terwyl ons middagete geniet. Die somer besoekende withalssprinkaanvoëls, is gewoonlik ook daar op die rotse.


Die agtermiddag rus ons by die kamp.

Dag 7, 8, 9, 10: Liuwa Vloedvlakte Kwale / Katoyana Kamp

Vandag is ons laaste dag vir inkopies (veral ys) vir die volgende 5 dae. Die dorp Mongu het ‘n lekker Shoprite waar ons die nodigste inkopies en vars groente kry.

Ons draai dan Wes om oor die 50km breë Zambezi vloedvlakte te ry Kulabo toe. Oppad ry ons verby die Lozi koning se winter woning en van sy “Royal Canoes” wat deel uit maak van die kleurvolle Kambuka seremonie.

By Kulabo kruis ons die Luwanginarivier met ‘n ferry en na ‘n paar sanderige kilometers teken ons in by die Liuwa Plains National Park.

Ons kampplekke is “rustic” met koue storte maar wel spoeltoilette. Ons moet ons eie drinkwater voorsien vir hierdie 5 dae. Ons slaap by Kwale kamp vir 2 nagte in die Suidelike deel en beweeg dan meer Noord na Katoyana kamp.

Vir die volgende paar dae deurkruis ons die eindelose vlaktes opsoek na die roofdiere wat agter die duisende migrerende blou wildebeeste aan trek. Die hiëna’s was vir jare die hoof roofdier en is groter as normaal. Daar is ook heelwat wildehonde wat ons verseker sal soek.

Dit is ook ‘n voëlkyk meka met swerms Mahems, Lelkraanvoëls, Witbaardsterretjies en ‘n moontlike bosloerie!

Die onbekende oorbietjies, wat amper soos ‘n steenbok op steroids lyk, is ook heelwat in die park.

Africa Parks het die park oorgeneem en saam met ander bewarings organiesasies doen hulle baie om die natuurlike balans te herstel bv. deur leeus terug te bring. Die leeus het goed aan gepas en al vermeerder.

Dag 11: Mongu

Vandag verlaat ons ongelukkig hierdie pragtige, ongerepte gebied en keer terug na Kulabo en dan Mongu waar ons die aand oornag.

Die kampplek is aan die kant van die dorp met pragtige sonsondergange oor die vloedvlakte.

Dag 12: Katima Mulilo

Ons kruis die grens, terug na Katima Mulilo vir cappuccinos, roomys en selfs inkopies. Julle het tyd om die dorp te verken en middagete (eie koste) te geniet.

By ons kampplek aan die Zambesi-oewer is daar 220v krag, warm storte, wifi en ‘n kontantkroeg!

Die wat wil, kan selfs probeer tier visvang(eie koste).

Dag 13: Huis toe

Dis nie vaarwel nie maar slegs tot ons weer ontmoet! Na ontbyt vertrek ons dan huistoe!

LAAI BESPREKINGSVORM AF
zebras wat in die pad staan
olifant

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!
KLIEK HIER