Ons ondersteun die Henri Warnich Stigting

Ons ondersteun die Henri Warnich Stigting

Heuningland Toere ondersteun die Henri Warnich Foundation (HWF) en Huis Henri - die enigste versorgingsfasiliteit vir volwassenes met Prader-Willi Sindroom in Suid-Afrika.

Prader-Willi Sindroom is ‘n komplekse genetiese kondisie wat alle aspekte van die persoon se lewe affekteer. 

Mense met hierdie sindroom is obessief oor kos vandat hul 2 jaar oud is. Tensy hul eetgewoontes streng bestuur word, sal hul ooreet en aan vetsug begin lei met ‘n verskeidenheid ander verwante mediese probleme.

Hul eetlus bereik nooit ‘n versadigingspunt nie en hulle is voortdurend honger omdat hul brein nooit die boodskap stuur dat hul versadig is nie.
Hul verstandelike en fisiese vaardighede is ingekort en alhoewel hulle volwassenheid bereik, sal hul nooit onafhanklik kan funksioneer of bly nie.

Dit is belangrik om te weet dat Prader-Willi Sindroom as gevolg van ‘n genetiese abnormaliteit ontstaan en nie ‘n siekte is wat medies behandel kan word nie.
BESOEK HUL WEBTUISTE

Skenk

Skenk

Dit bly ‘n voortdurende uitdaging om genoeg fondse in te samel om hul deure oop te hou. As ‘n geregistreerde Nie-Winsgewende Organisasie is hul geheel en al afhanklik van die publiek en maatskappye om hul te befonds. Hulle is baie dankbaar vir elkeen wat help om hul droom te bewaarheid. ‘n Artikel 18A Belastingsertifikaat word uitgereik aan enige iemand wat ‘n donasie maak aan die stigting.
donate
Skenk via PayFast:
Skenk aanlyn of stel 'n gereelde donasie op:

EFT or Kontantdeposito's:
Henri Warnich Foundation
ABSA Tjek
4078752536
334-712

Stuur ‘n bewys van betaling aan henriwarnichfoundation@gmail.com en ‘n belastingsertifikaat sal uitgereik word vir die donasie.