AFRIKA TOERE

Formele Voëlkyk Caprivi Avontuur


TOER INLIGTING

Tydsduur

8 dae / 7 nagte

Formaat

Formele Akkommodasie

Volgende toere

Bou jou eie pasgemaakte toer - kontak ons vir datums wat jou pas.

Koste

Sal bevestig word

Maks. hoeveelheid persone

Minimum 4 & maksimum 8 gaste
Enkel persoon + 30%

PRAKTIESE INLIGTING:

Igesluit:
  • Alle vervoer van en na Kasane
  • 3 Etes per dag – vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 8
  • Voëlgids en gasheer
  • Alle toegangsfooie van Parke
  • 7 nagte se akkommodasie met linne en handdoeke
  • Wildkykritte soos later genoem
  • Bootvaarte

Nie ingesluit nie:
  • Vlugte na en van Kasane
  • Persoonlike drankies en versnaperinge
  • Lughawebelastings
  • Visum indien nodig
Hierdie avontuur word toegespits op die Zambezi streek (Caprivi) van Namibië. ‘n Spesialis voëlgids vergesel ons tydens die toer en aangesien hy in Katima Mulilo gevestig is, weet hy waar om al die wegkruipertjies te vind soos bv. die Geelkeelwillie (Yellow-Throated Leaflove).  Hierdie toerplan is 'n voorbeeld en kan aangepas word volgens individuele behoeftes.
Ons verken die vloedvlaktes van die Zambezi, Nkasa Rupara Nasionale Park se woude op die Linyantirivier asook die Chobe Nasionale Park in Botswana.

Indien dit veilig is sal ons meeste van die tyd per voet beweeg of per safarivoertuig asook op die water. Met so ‘n groot verskeidenheid van habitatte en plantegroei is ons kanse uitstekend om baie verskillende spesies voëls te sien, soos die Rooskeelkalkoentjie asook Watertrappers. Aangesien die somerbesoekers ook dan daar is, sal ‘n Geelbektroupant en duisende Rooiborsbyvreters ook te sien wees.

Al hierdie gebiede huisves ook wildlewe en sal daar uitstekende foto-geleenthede wees soos wanneer die olifante die water oorsteek.

TOERPLAN

Katima Mulilo 1 nag
Nadat ons aanland by ons lodge vanaf Kasane, maak ons gereed om ‘n sonsondergang te gaan geniet by die Rooiborsbyvreters se neste. Ons keer dan terug na die Lodge vir aandete.
Nkasa Rupara Nasionalepark 2 nagte
Vroegoggend koffie en beskuit voor ons na Geelkeelwillie, Langkuifloerie en ander gaan kyk. Daarna terug vir ontbyt. Dit is ‘n 2 uur rit na ons safari tente by Nkasa Lupala Lodge waar ons 2 nagte sal bly en hopelik ‘n seekoei-serenade snags gaan beleef.

Die park se terrein en habitat is soortgelyk soos die Linyanti gebied van Botswana met dieselfde wilde diere soos leeus, luiperds, olifante, jagluiperds, buffels, basterwaterbokke, rietbokke, wilde honde en vele ander. Ons gaan op wildbesigtigingsritte in die park asook ‘n bootvaart op een van die kanale of die Linyanti rivier.

Afhangende van die watervlak, sal ons of ‘n mokororit of ‘n begeleide stap doen in die wildernis.
Zambezi- en Choberivier 2 nagte
Na ontbyt gaan ons terug na Katima Mulilo vir roomys en klim op die huisbote van Caprivi Houseboat Safaris. Die akkommodasie op die bote is daktente en “porter potty” Saans meer die bote vas en maak ons ‘n gesellige vuur en geniet aandete met ons voete in die sand. (Kyk uit vir ou vuilbaard!) Een nag sal op die walle van die Zambezi wees en die volgende aand op die walle van die Chobe, oorkant die Chobe Nasionale Park.
Serondela Lodge 2 nagte
Die huisboot laai ons af by die Serondela Lodge in die Caprivi. Met ‘n kouetjie in die hand, kan ons vanaf die dek of swembad die olifante dophou wanneer hul kom water drink. Vroegoggend ervaar ons ‘n “village walk” en soek voëls op die vloedvlakte. Hierdie gebied is bekend vir luiperdwaarnemings en ons geniet weer ‘n bootrit op die rivier.
Huistoe
Na ‘n vroeë ontbyt op die dek en die dophou van al die diere wat kom en gaan, is dit na Kasane immigrasie per boot. Indien tyd dit toelaat kan ons ‘n kort wildbesigtingsrit in Chobe Nasionale Park geniet. Van daar af is dit ‘n kort rit tot by die lughawe en jul vlug huistoe.

Hierdie is nie ‘n vaarwel nie, maar slegs ‘n totsiens.
Indien iemand wil langer bly in Kasane/Chobe kan ons enige tyd help met besprekings.
LAAI BESPREKINGSVORM AF
olifante

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!
KLIEK HIER