AFRIKA TOERE

Kalahari Mabuasehube
Kgalagadi Transfrontier Park

Kalahari Mabuasehube
Kgalagadi Transfrontier Park

TOER INLIGTING

Tydsduur

7 dae/ 6 nagte

Formaat

‘n Begeleide (4×4) toer
Gemaklike Tente

Let wel: Ablusie geriewe en 220 krag by Nossob Ruskamp; Rooiputs & Mabuasehube slegs puttoilette en emmerstorte.

Volgende Toere

28 September – 4 Oktober 2024

Koste

R14 750 per persoon

Maks. hoeveelheid persone

Min 8 & Maksimum 12 gaste

PRAKTIESE INLIGTING

Ingesluit:
  • Drie maaltye per dag (vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 7)
  • Gids & sjef
  • Alle parkfooie
  • 6 nagte se akkommodasie
  • Behoorlike “in-car” radios
  • Tente & eetgerei

Uitgesluit:
  • Voertuigkostes bv. Brandstof en oorgrensfooie
  • Beddegoed en matrasse
  • Jou eie versnaperinge en drankies
  • Mediese versekering
  • Visums indien nodig

Sleutel ervarings:

Sleutel ervarings:

  • Die park is ongeveer 4 miljoen hektaar groot en word deurkruis deur slegs ‘n paar tweespoor paaie. Meeste van die wild hou by die Nossob- en Auobriviere asook naby die panne in die Mabuasehube gebied in Botswana.
  • Aan die Botswana kant is daar geen omheinings om die kampe nie en dit is ‘n fantastiese ervaring om saans om die vuur te sit.
  • Die rooi duine landskap met wit gras en groen bome lewer pragtige fotogeleenthede.
  • Die dierelewe is volop met bakoorjakkalsies, ratels en erdmannetjies(waaierstert-meerkatte).
  • Die voëllewe is ongelooflik en ons sal op die uitkyk wees vir kleiner voëlsoorte soos sandpatryse, dwergvalkies en korhane. KTP is welbekend vir sy roofvoëls.
  • Ons is in radioverbinding wanneer ons in konvooi ry om historiese- en omgewingsinligting te deel
  • Die gesoute bossjef sal julle verras met drie etes per dag en vars gebakte brood.
  • Die Heuninglandspan slaan julle tente op vir hierdie avontuurtoer, met volop wild en heelwat sand wat 4×4 ry vereis.

TOERPLAN

Dag 1: Rooiputs
Ons magiese avontuur deur die Kgalagadi Transfrontier Park begin vandag by Rooiputs kampplek. Dit is ‘n wildbesigtigingsrit al die pad vanaf Twee Rivieren. Wees op die uitkyk vir meerkatte en die skugroukat(vaalboskat). By Rooiputs is daar puttoilette en gewoonlik lopende water vir koue storte.
Dag 2: Nossob
Na ontbyt vind ons,ons weg na die Nossob Kamp via die Nossob- en Auobriviere. Achterlonie is ‘n museum met badkamers wat ‘n besoek regverdig.

Die paaie is harde oop grondpaaie aan die Suid-Afrikaanse kant met watergate oppad. In die Auob is daar ook die kans om kameelperde te sien.

Die watergat by Nossob raak soms besig en is verlig in die aande. ’n Heerlike ete wag op ons waar ons vanaand om die vuur gaan kuier.
Dag 3,4, 5 & 6: Mabuasehube
Na ‘n vroë ontbyt vertrek ons Oos, ry deur die Nossobrivier en gaan weer Botswana binne. Ons neem die Bosoroete (Suidelike Roete) verby die Motopi kampe totdat ons die Mabuasehube gebied bereik.

Dit is ‘n vol dag se ry van ongeveer 200km maar baie bevredigend, aangesien dit ‘n pragtige roete deur die duineveld is. Iewers oppad kies ons ‘n skaduweeboom, haal die stoele uit en geniet middagete in die natuur.

Vir die volgende 4 dae ry ons deur van die mees afgeleë wildernisgebiede in Suider-Afrika.

Die tweespoorpaaie sny deur die rooi Kalaharisand waar ons van laagliggende pan tot pan ry, opsoek na elande, springbokke, gemsbokke en die groot swart-maanhaarleeus. Hiedie diere asook die dubbelband sandpatryse en bruinhiënas besoek die panne gereeld om hul dors te les.

Teen einde September het die somerbesoekervoëls ook al ge-arriveer. Ons het in 2022 selfs 3 Goudsnippe gesien by Mpaya-pan.

Behalwe die paar paaie, “long-drops”, storte en skadudakke, is daar geen ander mensgemaakte konstruksies nie en die afwesigheid van lug- en ligbesoedeling laat die sterre jou snags na jou asem snak.

Hierdie vier nagte van boskamp geniet ons die vuur se reuk, die stilte en geluide van die Afrika Bos.

Die sonsopkoms en -ondergang is altyd pragtig en deur die dag soek ons leeus, luiperds, jagluiperds en wat die natuur ons ook al mag bied.
Dag 7: Huis Toe
Na ontbyt is dit ongelukkig tyd om te groet, maar net tot volgende keer
LAAI BESPREKINGSVORM AF
voël wat opstyg

Stel jy belang in die toer?

Kom ons help jou beplan!
KLIEK HIER

Gallery

Gallery