KAROO TOERE

Karoo Ervaring Toer


TOER INLIGTING

Tydsduur

4 dae / 3 nagte

Formaat

Formele akkommodasie
Begeleide selfry toer

Volgende Toere

10 – 13 Oktober 2024 (VOL BESPREEK)

8 - 11 Maart 2025
30 September - 3 Oktober 2025

Koste

R5 880 pp (2024)
R6 850 pp (2025)

Maks. hoeveelheid persone

Maksimum 10 gaste

PRAKTIESE INLIGTING:

Ingesluit:
  • Drie maaltye per dag (Van aandete op Dag 1 tot ontbyt op Dag 4)
  • Die dienste van ‘n professionele toergids
  • Alle park ingangsfooie
  • Akkommodasie vir 3 nagte
  • Radio’s
  • Gebruik van breekware en eetgerei

Uitgesluit:
  • Koste van eie voertuig, bv  petrol ens.
  • Eie drankies en versnaperinge
  • Beddegoed vir nag 1 (matrasse en beddens word verskaf)

TOER PLAN

Hierdie 4-dag toer in die hartjie van die Groot Karoo is ‘n avontuur van begin tot einde. Dit sal veral aanklank vind by natuurliefhebbers. Ons fokus op die area noord en wes van die Karoo Nasionale Park met sy ongelooflike omgewing. 
Ons oornag op afgeleë plekke om die vrede en stilte waarvoor die Karoo bekend is te kan ervaar.

Gedurende ons reis sal ons asemrowende sonsondergange en fossiele in hul natuurlike omgewing geniet. ‘n Amateur sterrekundige vertel en wys ons meer omtrent hierdie onbekende sterrestelsel.

Terwyl ons ontspan rondom die vuur, dra die reuk van hout wat brand tot ons lekker gesels by en ons geniet ‘n heerlike aandete.

Hierdie is ‘n maklike 4×4 toer, maar met genoeg uitdagings. ‘n Ervare 4×4 gids sal altyd beskikbaar wees met tegniese advies waar nodig.
Dag 1:
Ons ontmoet tussen 14h00-14h30 by die Karoo Deli in Beaufort-Wes.

Die Moltenopas, noord van Beaufort-Wes is ons eerste bestemming. Die rotsformasies en interessante plante soos koolbome sal ons besig hou.

Ons oornagfasiliteit,  Mountain View, behoort aan die  Ere-Veldwagters Vereeniging en is in die Karoo Nasionale Park, hoog op in die Nuveld berge geleë.

‘n Ere-veldwagter sal ons vergesel en meer verduidelik oor die park, dinge wat daar gebeur en die interessante en verskillende plante op die platorand.

Hierdie is die mees westelike area waar die skaars SANBI Rooilys plant Sterboom (cliffortia arborea) voorkom en ons sal ‘n paar besoek.

Na ons ingeburger is by ons rondawels sal ons hierdie onbekende en min besoekte deel van die Karoo Nasionale Park verken.

Ons sonsondergang-uitkykpunt bied ‘n  asemrowende uitsig oor die Groot Karoo, nimmereindigend aan die ooste- en westekant en tot by die Swartbergreeks aan die suidekant.  Min mense het die geleentheid om op hierdie rotse te sit en die voorreg om die vista in te neem.

Na ‘n voedsame maaltyd geniet ons die vreugde om die vuur.
Dag 2:
Diegene wat wil, kan laat slaap, maar dit word hoogs aanbeveel om die sonsopkoms op die berg te geniet.

Na oggendkoffie en beskuit besoek ons die platorand vir ‘n skouspelagtige ontwaking.

Ons bestemming vandag is die Dunedin plaas waar boer en bewaarder, Johan Moolman, ons sal verras met sy kennis van die veld. Hy sal ons leer hoe om fossiele te vind en dit vir ons in die natuur uitwys.

Ons geniet ‘n piekniek vir middagete in die veld.

Met ‘n bietjie geluk, kom ons dalk ‘n oewerkonyn tee, waarvan daar baie in die area is.

Ons oornag-plaashuis (met ‘n Aga) is die  Riverine Rabbit Retreat naby die Sakrivier. Johan is ook ‘n ywerige sterrekundige en as die weer dit toelaat sal hy vir ons die sterre deur sy teleskoop wys.
Dag 3:
Die Loxton distrik is gekend vir sy pragtige opstalle en ons besoek ‘n plaaslike boer wat vir ons die vreugde en swaarkry van boer in die hierdie dorre area verduidelik.  Terwyl ‘n skaap geskeer word, kan ons die lanolien in sy wol voel.

Ons neem die agterpaaie terug deur die Bo-Karoo, sommige op privaatgrond. Dit beloof om pragtige  natuurskoon te wees met wye oop ruimtes, berge en diep klowe.

Die middag by Amandelboom is daar genoeg tyd vir ‘n ontspanne staptog of om herinneringe te herleef by die kaggel.
Dag 4:
Na ‘n heerlike ontbyt ry ons af na die platorand (Afrika Plato) via ‘n privaat plaaspad. Hierdie awemrowende rit neem ons deur diep klowe,  kranse, soetdoringbome en fonteine. 

Ons toets ook ons 4×4 vaardighede.  Ons sal baie stoppe doen en die fotografie geleenthede is volop.

‘n 140-jarige rotshuis is ‘n ongelooflike gesig om te sien. 

Die pad neem ons na die westelike rand van die Karoo Nasionale Park en verby die plek waar Sylvester die Leeu ontsnap het.

Ons is nou terug op die  Fraserburg-Beaufort-Wes pad wat ons terugneem na die N1 en die dorp. 

Ongelukkig moet ons nou die beskawing agterlaat sodat ons die beton oerwoud kan binnegaan tot volgende keer! 

Ons hoop dit is nie totsiens nie, maar slegs tot wedersiens!
LAAI BESPREKINGSVORM AF
persoon in klip hut se ingang

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!
KLIEK HIER

Gallery

Gallery