STAPTOERE

Karoo Staproete


TOER INLIGTING

Formaat

Sirkelroete en stap ongeveer 103 km. | Almal kamp met eie beddegoed en tente.

Volgende toere

27 April – 1 Mei 2024  
3-7 Mei 2024
29 Augustus – 2 September 2024

30 April - 4 Mei 2025
29 Augustus - 2 September 2025

Koste

R5 495 per persoon (2024)
R5 995 per persoon (2025)

Maks. hoeveelheid persone

Maksimum van 18 stappers

PRAKTIESE INLIGTING:

Ingesluit:
  • 3 Etes per dag. (Aandete dag 1 tot middagete dag 5)
  • Koffie en tee met ontbyt en aandete
  • Middagetes bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf
  • Die vervoer van alle tente, klere en stoele na die volgende oornagplek

Uitgesluit:
  • Drankies
  • Peuselkos

WAT OM IN TE PAK:

  • Tent en beddegoed
  • Gemaklike stap tekkies/Trail Runners (nie “hiking boots nie”) en klere
  • Sonhoed en warm mus
  • Warm klere vir saans
  • Eetgerei, beker en Tupperware bakkie, met ‘n deksel, vir middagete
  • Handdoek en toiletware
  • Kampstoel
  • Kamera en verkyker (opsioneel)
  • Drankies en peuselkos

TOERPLAN

Ons volg tot ‘n groot mate die spoor van Sylvester die leeu. Ons doen ‘n sirkelroete in die mooie Karoo en stap ongeveer 103 km oor 4 dae. Hierdie deel van die Karoo kan nie vanaf die hoofpaaie gesien word nie. Die staproete sal duidelik gemerk wees en elkeen stap teen sy eie spoed.
Dag 1: Welgemoed kamp, arriveer
Almal arriveer vanaf 15h00 op die plaas Welgemoed se kampterrein 71 km van Beaufort-Wes af. Dit is net ‘n bymekaarkomplek en elkeen slaan sy eie tent op. Bostoilette en ‘n emmer met warmwater vir stort word voorsien. Die voertuie bly hier totdat die stap voltooi is.
Dag 2: Oukloof 27.5 km
Die eerste skof is ‘n ver stap, maar relatief maklik aangesien dit meer afdraande en gelykpad is. Dit maak ook die ander dae korter. Ons stap in ‘n tweespoorpad in die bo-lope van die Koekemoersrivier. Vandag is ‘n kombinasie van tweespoor- en groter grondpad.

Ons gaan onder plate Soetdoringbome deurstap wat ‘n regte afdak vorm vir lang ente. Let op na of luister vir koedoes. Die laaste paar kilometer is dit die pragtige Oukloofpas, waar ons ‘n kronkelende riviertjie elf keer oorsteek.
Dag 3: Tweefontein 26 km
Dit is net opdraand in die begin om uit die kloof te kom en dan is dit weer platterig. Ons is dan op die rand van die Afrika plato. Die plato is op die Nuveldberge en dit is ‘n nuwe veld, heel anders en sonder doringbome. Hierdie dag sien ons ook die oop vlaktes van die Groot Karoo.
Dag 4: Kareebos 22.5 km
Ons sak af in die bolope van die Leeurivier en verby Leeukloof se opstal. Vandag is heelpad tweespoor. Die natuur begin weer verander met rooi koppe en diep rivierlope.
Dag 5: Welgemoed 27 km
Ons stap vir ‘n lang ent langs die Karoo Nasionale Park se grensdraad. Hopelik is hier ‘n geleentheid om mooi wild te sien. Daar is, vir die wat wil, die opsie om te gaan kyk waar Sylvester uitgekom het. Die laaste deel van vandag se stap gaan jou bederf met van die mooiste panoramiese uisigte. Dit is ook ons laaste dag saam en elkeen kan bietjie ontspan voordat die lang pad huistoe aangedurf word.
LAAI BESPREKINGSVORM AF

WEG! Artikel

Die volgende artikel oor Heuningland se staproete was gepubliseer in die “WEG!” tydskrif, geskryf deur Erns Grundling: Leeuloop in die Karoo
WEG! artikel
karoo veld

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!
KLIEK HIER

Gallery

Gallery