AFRIKA TOERE

Richtersveld Fotografie Toer


TOER INLIGTING

Tydsduur

10 dae / 9 nagte

Formaat

4 x 4 met tent akkommodasie

2 x 4 bakkie met “diff-lock” en hoë grondvrye hoogte kan ook gebruik word
(Afstand: ongeveer 800 km)

Volgende toere

18 - 27 September 2024
18 - 27 September 2025

Koste

R20 950 per persoon (2024)
R22 775 per persoon (2025)

Maks. hoeveelheid persone

16 gaste

PRAKTIESE INLIGTING:

Incgesluit:
  • 3 Maaltye per dag – vanaf aandete dag 1 tot aandete dag 9
  • Gids, sjef & fotografiese instrukteur
  • Alle parkfooie
  • 9 nagte se akkomodasie
  • Ordentlike karradios
  • Tente en breekgoed

Nie ingesluit nie:
  • Voertuigonkostes bv. brandstof en grensoorgang kostes
  • Persoonlike drankies en versnaperinge
  • Beddegoed en matrasse
  • Visums indien benodig

TOERPLAN

Kom ervaar die Richtersveld in sy volle glorie saam met bekende fotojoernalis, Toast Coetzer en Heuningland Toere. 
Dag 1: Oranje Rivier
Lopende water en warm storte

Ons kom by ons kampplek aan op die walle van die Oranje Rivier naby Vioolsdrift. Later die agtermiddag onderneem ons ‘n kort rit na ‘n baie spesiale plek waar ons drankies geniet en kyk hoe die son agter die gesigseinder verdwyn.

Terwyl ons span aandete voorberei en almal om die kampvuur ontspan, gee die gids ‘n volledige voorlegging van die volgende 10 dae se program. Hiervandaan is dit slegs grondpaaie tot aan die einde van die toer.
Dag 2: Plaashuis - Wilderniskampering
Geen lopende water, emmerstorte, geen spoeltoilette

Ons val in die pad na ‘n vroeë ontbyt en doen aan by San hierogliewe en pak klippe op van die bestaande klipstapels. Ons gaan die Richtersveld bewaringsgebied binne en ry na Eksteenfontein, ‘n klein dorpie wat hoofsaaklik bewoon word deur nomadiese veeboere. Eksteenfontein is op die rand van die Richtersveld wêrelderfenisgebied. Dit is een van drie klein nedersettings in die Richtersveldgemeenskap.

Hier leer ons meer van die geskiedenis van die Bosluisbasters en Nama-mense wat die boere is van hierdie merkwaardige kulturele landskap. Ons verlaat Eksteenfontein en betree ‘n uitgestrekte sandvallei op een van my geheime paaie.

Ons oornag 1km van ‘n windpomp en sementdam wat verlate staan op ‘n pan. Dit skep die arena vir pragtige sonsondergang en opkoms fotos.
Dag 3: Tierhoek - Wilderniskampering
Geen lopende water, emmerstorte, geen spoeltoilette

Ons besoek ‘n ou kwartsmyn en vanaf die koppie kyk ons uit oor Lekkersing. (Een van die Richtersvelddorpies) As gevolg van die kwarts in die grond vind ons hier baie interessante plantegroei.

‘n Besoek aan “Ice Cream Valley” is ‘n moet en na middagete reis ons na Tierhoek wat geleë is tussen granietrotse. Ons kamp in die wildernis en ons span sal sorg vir u gerief ten spyte van geen lopende water. Ons geniet warm emmerstorte teen ‘n asemrowende agtergrond!

Die vreedsaamheid en rustigheid van hierdie sonderlinge bergwoestyn, maak van die kampeer onder die sterre ‘n uitsonderlike gebeurtenis.
Dag 4 & 5: De Hoop
Spoeltoilette en koue storte / geen elektrisiteit/ Geen drinkbare water

By Sendelingsdrift, die park se hoofkwartier, vul ons brandstof- en water aan voordat ons die Richtersveld Nasionalepark binnegegaan.

Ons geniet Akkedispas en halfmens plante voordat ons by De Hoop aankom.

Geleë op die oewer van die Oranje Rivier, bied hierdie kampplek sagte sand ondervoet en die rivier is geskik om in te swem of vis te vang.

Ons eerste dag by De Hoop slaap ons bietjie later met gepaardgaande later ontbyt. Ons verken van die mees ongelooflikste woestynflora op aarde, asook die diverse spektrum van klein reptiele, voëls en soogdiere of ontspan met ‘n boek.

Ons geniet die aand in hierdie buitengewone bergwoestyn wildernisgebied langs die kampvuur, terwyl ons al ons belewenisse weereens oordink en herkou!
Dag 6 & 7: Kokerboomkloof
Spoeltoilette maar geen water op terrein

Hierdie tyd van die jaar is die Richtersveld op sy mees voortreflikste en kry ons koers na ons kampterrein tussen Kokerbome – weereens ‘n geleentheid vir die ywerige fotograaf!

Aangesien ons twee nagte vertoef, word die sonsondergang beleef vanaf ‘n granietrots of tussen die kokerbome en met ‘n kamera/verkyker in die hand verdwyn al die oorblywende spanning! Hier is niks wat jou aandag kan aftrek van die ruwe, ongekunstelde prag van die landskap nie.

As bonus is daar die absolute stilte!

Aandete is langs die kampvuur en ons is omring deur hierdie buitengewone, ikoniese Kokerbome.
Dag 8: Springklip - Wilderniskampering
Geen lopende water, emmerstorte en geen spoeltoilette

Vroegoggend na ontbyt, verken ons die park verder deur langs steil en kronkelpaaie oor die Helskloofpas te ry. Die wonderlike uitsigte maak dit alles die moeite werd.

Die gebied is bekend vir sy besonderse inheemse plantegroei en sluit talryke vetplante en unieke aalwyne in wat nêrens anders op aarde gevind word nie. (bv. Pearson’s aalwyne).

Geleë in die hart van die Richtersveld, lei ons pad vandag na die afgeleë dorpie van Kuboes. Hier woon een van die oudste inheemse groepe van Namibië en afstammelinge van die Khoikhoi – die Namas.

Ons oornag op ‘n koppie wat oor klein duine uitkyk. Die uitsigte hiervandaan is besonders.

Alhoewel 30km weg, is dit moontlik dat ons die malmokkie (mistige weer) kan ervaar soos dit inrol vanaf die koue Atlantiese oseaan.
Dag 9: McDougallsbaai
Alle fasiliteite beskikbaar: warm storte,spoeltoilette en dalk ‘n BAD

Ons verlaat ons boskamp na ontbyt en volg die pad oor klein duine na Alexanderbaai in die verre noordwestelike hoek van Suid-Afrika.

Afhangende van gety- en vloedhoogtes, beweeg ons na die mond van die Oranje Rivier.

Vanaf Alexanderbaai na Port Nolloth is 95km teerpad en daar is ‘n Spar met sjokolade!

Ons oornag by McDougallsbaai 4km suid van Port Nolloth. Akkommodasie is luuks met beddegoed en handoeke. Ons strandfront kothuise is almal op die see.

Ons be-oog om vroegmiddag daar aan te kom, sodat daar genoeg tyd sal wees om hierdie versteekte juweel van die Noord Kaap te geniet.

Aandete is seekos by Vispetti restaurant in Port Nolloth. (Ingesluit by prys)
Dag 10: Huistoe
Aangesien sommmige gaste wil laat slaap, gaan stap langs die see of vroeg vertrek, bedien ons nie ontbyt die laaste oggend nie. Daar is tee en koffie beskikbaar in die huise.

Dis met ‘n tikkie hartseer dat ons Noord Kaap- en Richtersveldavontuur tot ‘n einde kom. Vanaf McDougallsbaai is dit ‘n gemaklike rit na Springbok en terug huistoe. Daar kan ook via die klein diamantmyndorpie Kleinzee, Koingnaas en die pragtige dorpie van Hondeklipbaai teruggereis word.
LAAI BESPREKINGSVORM AF
rivier en rotse
bome

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!
KLIEK HIER

Gallery

Gallery