STAPTOERE

Richtersveld Staproete


TOER INLIGTING

Tydsduur

6 dae / 5 nagte 

Formaat

Almal kamp met eie beddegoed en tente.

Volgende toere

11 - 16 September 2025

Koste

R10 495 per persoon (2025)

Maks. hoeveelheid persone

Minimum 12 en Maksimum van 18 stappers

PRAKTIESE INLIGTING:

Ingesluit:
  • 3 Maaltye per dag – vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 6
  • Koffie en tee met ontbyt en aandete
  •  Alle parkfooie & akkommodasie
  • Middagetes bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf.
  • Die vervoer van alle tente, klere en stoele na die volgende oornagplek.

Wat om in te pak:

  • Tent en Beddegoed
  • Kopliggie met ekstra batterye
  • Gemaklike stap tekkies/stewels en klere
  • Sonhoed en sonskerm
  • Warm klere vir saans
  • Ligte windbreaker
  • Swembroek
  • Eetgerei, beker en tupperware bakkie met ‘n deksel vir wegneemetes
  • Handdoek en toiletware
  • Kampstoel
  • Kamera en verkyker (opsioneel)
  • Leesboek
  • Drankies en peuselkos

TOERPLAN

Kom stap saam met ons in die mooi en wye Richtersveld Nasionale Park, terwyl jy die stilte ervaar. Die uitsigte op die stap is on ge-ewenaard.
Dag 1: De Hoop
Koue storte en spoel toilette.

Almal arriveer na 15h00 en ontspan langs die pragtige rivier. Ons geniet aandete terwyl die ruwe berge verkleur met sonsondergang.

Ons voertuie bly hier en ons slaap die laaste aand weer hier.
Dag 2: Tattasberg uitkykpunt
21km

Boskamp, alles word vervoer.

Stort: 2-liter roomyshouer

Vandag se roete is 'n tweespoorpad  ±12km naby aan die Oranjerivier, waarvandaan ons Suid gaan. Van die rivier af is die klim so 300m oor 9km. 

Ons stap verby 'n ou diamant prospekteermyn en op in 'n wye kloof tot ons Tattasberg se uitkykpunt bereik waar ons oornag. Dit is met spesiale toestemming wat ons toegelaat word om hier te kamp. Die sonsopkoms en ondergang is asemrowend oor die rooi klippe.
Dag 3: Kokerboomkloof
12km / 6-9 ure

Spoeltoilette, ry verder alles saam, stort = 2 liter roomysbak

Hier is geen pad nie. Die boulder klim 10m op en ons stap dan in  ‘n oop kloof op. Klim Tattasberg so hoog as moontlik wat veilig is, bobbejaan besigheid. Tattasberg is sigbaar van baie van die paaie in die park af en ook Namibië.

Jy kan jou sak onder los. Die spits is vol massiewe graniet boulders. Die uistigte slaan jou asem weg.

Dan stap ons verder op die kruin langs (jy kyk verby Aussenkehr) tot by die driehoeksbaken, ongeveer 1,5km ver, waar jy in die boek moet teken.

Nou moet jy skuins en mooi afstap teen die berg. Baie versigtig maar doenbaar. Nie op boude nie maar erg skuins. Dan by Die Toon verby kamp toe met sy pragtige kokerbome.
Dag 4: Richtersbergkamp
15km, 9km geen pad, 6 km 2 spoor.

Koue storte en spoel toilette.

Ons weet nie hoeveel mense al hierdie kloof gestap het nie. Nie eens al die veldwagters weet dat jy hier kan deurstap nie.

Ons stap in rivierloop af en twee keer by watervalle af. Albei 10m, dalk gaan jy 4 keer op jou boude sit.

Die laaste 7km is tweespoorpad naby die Oranjerivier.
Dag 5: De Hoop
10km+, tweespoorpad

Koue storte en spoel toilette

Vandag het jy ‘n keuse van jou afstand.

Van Richtersberg af kan jy direk terug stap na De Hoop en jou motor om daar te ontspan of voëls te kyk. Dit is 10km.

Opsioneel is om na 2km in die Abiekwarivier se 4×4 roete op te stap. Die hoëkranse is heel anders en weer verskillend wanneer jy omdraai (wanneer jy wil).

Waar die Ganakourieprivier in die Abiekwa inkom, is 7km van die Oranjerivier af.  Terug op jou spoor tot by die Oranjerivier en die laaste 8km (ander kant toe as dag 2) terug tot by De Hoop kampplek. (totaal 24km)

Terug by julle voertuie geniet ons ‘n heerlike samesyn om die vuur langs die water.
Dag 6: Huis toe
Ons slaap weer langs die rivier by De Hoop sodat die toergids agter almal kan uitry vandag.

Na ‘n heerlike ontbyt is totsiens sê tot volgende keer.
LAAI BESPREKINGSVORM AF
karoo plant

Stel jy belang in die toer?

Laat ons help om te beplan!
KLIEK HIER

Gallery

Gallery