TOER INLIGTING
TOER INLIGTING
PRAKTIESE INLIGTING:
PRAKTIESE INLIGTING:
Ingesluit:
- Drie maaltye per dag (vanaf aandete dag 1 tot ontbyt dag 13)
- Gids, sjef en fotografiese instrukteur
- Alle parkfooie
- 12 nagte se akkommodasie
- Professionele karradios
- Tente en breekgoed
Nie ingesluit nie:
- Voertuigonkostes soos brandstof, grenstariewe, ens.
- Persoonlike drankies en versnaperinge
- Beddegoed
- Visums (Suid-Afrikaanse burgers het nie visums nodig nie)
- Covid-toets (jy moet vooraf ‘n toets laat doen en jou negatiewe uitslag by die grens kan wys; die toets mag nie ouer as 7 dae wees nie)
Praktiese inligting:
- Slegs die groot grensposte (Vioolsdrif/Noordoewer en Nakop/Ariamsvlei) is tans oop tussen Suid-Afrika en Namibië. Moenie een van die kleineres probeer gebruik nie.
- Maak seker jy bring jou negatiewe Covid-toets (nie ouer as 7 dae nie) saam na die grens. Daarsonder kan jy nie Suid-Afrika verlaat nie. Vergewis jouself van die nuutste Covid-maatreëls voor jou vertrek – dit kan op kort kennisgewing verander.
- Daar is wel Covid-toetsfasiliteite by die grens maar neem in ag dat dit jou deurgang deur die grens kan vertraag indien daar
- baie mense is wat getoets moet word. Die blitstoets by die grens kos in die omgewing van R350. Indien jy nie weer iewers in Namibië ’n Covid-toets laat doen nie, kan jy met jou terugreis na Suid-Afrika van hierdie fasiliteit gebruik maak, want jy sal weer ’n negatiewe toetsuitslag moet hê voor jy Suid-Afrika mag binnekom.
- Dra jou masker ten alle tye by die grenspos, en reken ekstra tyd by vir die grenskruising, omdat daar tans effe meer papierwerk te doen is. Dit is egter steeds doodeenvoudig om die grens oor te steek!
- Die beste voertuig vir hierdie toer is ’n gerieflike bakkie of sportnutsvoertuig (SUV) met goeie grondvryhoogte en 4×4 (noodsaaklik).
Op hierdie toer ervaar jy:
Op hierdie toer ervaar jy:
Op hierdie toer ervaar jy:
Op hierdie toer ervaar jy:
Spitzkoppe – Uis – Brandberg – Damaraland – Ugabrivier – Goantagabrivier – Twyfelfontein – Aba-Huabrivier – Palmwag-konsessie – Mudoribrivier – Hoanibrivier – Sesfontein – Warmquelle – Ongongo – Opuwo – Kaokoland – Epupawaterval – Kunenerivier – Ruacana – Etosha
Hierdie 13-dag toer is ’n avontuur van begin tot einde. Ons kombineer klassieke Namibiese bestemmings soos Etosha- nasionale park, Twyfelfontein se rotsgravures en Epupawaterval met minder bekende uithoeke van Damaraland en Kaokoland. Die landskappe wissel van uitgestrekte vlaktes met vreemde plantegroei, ruwe bergwoestyn en droë rivierlope (waar woestynolifante hou) na voëlryke oewerbos waar palmbome staan langs die Kunenerivier in die noorde van Namibië.
Die toer is saamgestel met die oog op amateurfotograwe wat hulle fotografie wil verbeter, asook diegene wat Namibië se wildernis wil geniet in die geselskap van ’n ervare toergids. Die bekende reisjoernalis Toast Coetzer vergesel die toer en hy sal jou help om jou kamera te bemeester sodat jy die beste uit jou toerusting kan kry. Die reisplan is ook só uitgewerk sodat daar elke dag spesifieke fotogeleenthede is waar jy verseker kan wees van puik foto’s.
Professionele gids Douwe Vlok (Heuningland-toere) lei dié toer. Hy word bygestaan deur ’n klein maar gedugte span wat sal sorg dat daar altyd ’n heerlike maaltyd vir jou wag by die kampterrein – waar jou tent ook reeds opgeslaan staan.